Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Petrolprys: Só staan sake nou vir Februarie

Daar is steeds ’n skraal kans dat 95-oktaan-petrol in Februarie goedkoper gaan word, maar twee en ’n half weke se water moet nog in die see vloei voordat motoriste sekerheid daaroor sal hê.

’n Tenk petrol gaan jou dalk effens goedkoper kos in Februarie. Foto: Pixabay

Aan die ander kant lyk dit na min of meer ’n uitgemaakte saak dat diesel en paraffien duurder gaan word.

Volgens die syfers wat die Sentrale Energiefonds daagliks bywerk, sou 95-oktaan-petrol 8c per liter goedkoper geword het indien pryse vandag vasgepen moes word. 93-oktaan-petrol sou 1c per liter duurder geword het, diesel sou op groothandelvlak 12c per liter meer gekos het en paraffien 10c per liter meer. (Die kleinhandelprys van diesel word nie gereguleer nie.)

Die syfers gaan nog daagliks verander tot 31 Januarie – die laaste dag van ’n vyfweek-oorsigperiode – en Februarie se pryse sal vanaf Woensdag 5 Februarie geld.

In dié stadium is die ietwat sterker rand die rede vir die oorverhaling (potensiële daling) op 95-oktaan-petrol en ook die rede waarom diesel nie met tot 28c per liter duurder word nie. Die rand werk die styging met tussen 14c en 16c per liter teen.

Die tweede faktor wat die prys van plaaslike brandstof bepaal, naamlik internasionale brandstofpryse, het die afgelope week effens gedaal nadat dit opgeskiet het weens die konflik tussen Iran en die VSA. Brent-ruolie, wat ’n week gelede selfs bo $70 per vat gedraai het, het teruggesak en Woensdagoggend $64,29 per vat gekos.

Die oorverhaling op die petrolprys het Januarie op 22c per liter begin en deurentyd gedaal.

Meer oor:  Ruolie  |  Olieprys  |  Petrolprys  |  Petrol  |  Brandstofpryse  |  Diesel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.