Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Petrolprys: Só staan sake nou vir November

Ondanks ’n sterker rand en goedkoper olie die afgelope maand, is dit nie ’n uitgemaakte saak dat petrol in November goedkoper word nie.

Soos sake tans staan, gaan Suid-Afrikaners in November moontlik effens minder vir brandstof betaal. Foto: Argief

Luidens die jongste syfers wat die Sentrale Energiefonds uitgereik het, is die oorverhaling vir 95-oktaan-petrol (afgerond) tans 3c per liter. Die oorverhaling is met hoeveel pryse sou moes daal indien dit vandag vasgestel sou word.

Daar is egter die moontlikheid dat kleinhandelwinsgrense in November aangepas word. Dié proses is die afgelope maande vertraag weens die voortslepende loononderhandelinge met die vakbond Numsa, wat ook petroljoggies by vulstasies verteenwoordig.

Die winsgrens word gewoonlik met ’n paar sent per liter verhoog om vir die hoër lone voorsiening te maak.

Petrol kan dus steeds goedkoper word of onveranderd bly indien die winsgrens verander word.

Indien jy eerder 93-oktaan-petrol in jou motor wil gooi, is die nuus selfs beter. Daar is die oorverhaling tans 15c per liter.

Vir diesel lyk die prentjie ook goed. Daar is ’n oorverhaling van tussen 10c en 11c op die groothandelprys per liter. Die kleinhandelprys van diesel word nie gereguleer nie en kan van vulstasie tot vulstasie verskil.

Die twee grootste veranderlikes wat die prys van brandstof beïnvloed, is die prys van Brent-ruolie en die wisselkoers van die rand teenoor die dollar.

Die rand het die afgelope tien dae beduidend teenoor die dollar versterk.

Waar dit op 9 Oktober nog teen R15,28 teenoor die dollar verhandel het, het dit nou tot R14,67 teenoor sy Amerikaanse eweknie verstewig.

Die prys van Brent-ruolie het ook sedert die begin van Oktober gedaal.

Dit het op 30 September nog teen $62,61 per vat verhandel, waar dit nou teen $59,22 per vat verhandel.

Dié veranderinge is hoekom Suid-Afrikaners in November hopelik effens minder vir hul brandstof kan betaal.

Petrol in Gauteng kos tans R16,21 per liter vir 95-oktaan en aan die kus betaal jy R15,57 per liter. Die groothandelprys van diesel met ’n swaelinhoud van 0,05% is R14,84 in Gauteng en R14,30 aan die kus.

Die nuwe brandstofpryse sal van Woensdag 6 November geld.

Meer oor:  Petrolprys  |  Petrol  |  Brandstofpryse  |  Diesel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.