Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Petrolprys: Só staan sake vir Desember

Nadat motoriste in November die eerste keer in vier maande minder vir petrol betaal het, sal hulle waarskynlik weer in Desember die gordel moet stywer trek.

Maar dié met dieselvoertuie kan ontspan – die kans is groot dat diesel goedkoper gaan word.

Net mooi presies in die middel van die oorsigmaand vir Desember se brandstofpryse is daar ’n onderverhaling van nagenoeg 11c per liter op 95 oktaan-petrol, maar ’n oorverhaling van tussen 18c en 19c per liter op diesel. Foto: Pixabay

Net mooi presies in die middel van die oorsigmaand vir Desember se brandstofpryse is daar ’n onderverhaling van nagenoeg 11c per liter op 95 oktaan-petrol, maar ’n oorverhaling van tussen 18c en 19c per liter op diesel.

’n Onderverhaling is die styging wat sou inskop indien die prys vandag vasgestel sou word. Dit word daagliks bygewerk.

Die oorsigmaand vir Desember eindig op 28 November en die nuwe pryse tree op Woensdag 4 Desember in werking – presies op die dag wat die skole vir die jaar sluit en baie mense die lang pad na hul vakansiebestemmings aanpak.

Die Outomobiel-Assosiasie het Vrydagmiddag in ’n verklaring gesê die ekonomie het ’n blaaskans gekry danksy die feit dat Moody’s Investors Service Suid-Afrika “die voordeel van die twyfel gegee het met ’n verandering in vooruitsig, eerder as ’n afgradering”.

“’n Styging in die petrolprys dié tyd van die jaar is vir baie mense slegte nuus omdat hulle in Desember met vakansie gaan. “Die voorspelde daling in die dieselprys beteken egter insetkoste in die vervaardiging- en landbousektor bly betreklik onaangeraak wat brandstofkoste betref, wat goeie nuus is.”

Die uitsluitlike rede vir die onderverhaling op petrol is die styging die afgelope paar weke in internasionale brandstofpryse. Dit dra net minder as 15c per liter tot die onderverhaling by. Die rand-dollar-wisselkoers het in motoriste se guns getel om die onderverhaling te verminder.

Vir diesel dra internasionale pryse net minder as 15c per liter tot die oorverhaling by en die rand net meer as 3c vir die totaal van tussen 18c en 19c per liter.

Meer oor:  Ruolie  |  Olieprys  |  Petrolprys  |  Petrol  |  Brandstofpryse  |  Diesel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.