Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Petrolprys spring met meer as R1 per liter
Ford se monteeraanleg by Silverton in Pretoria het Maandag produksie aan sy gewilde Ford Ranger-reeks hervat. Dieselpryse styg Woensdag met 21c per liter, hoewel dit net die groothandelpryse is.Foto: Ford

Petrolpryse styg Woensdag met R1,18 per liter. Diesel se groothandelpryse styg met 21c per liter.

Dit is die amptelike prysstygings wat die departement van energie Maandagmiddag aangekondig het.

Dit volg op ’n styging van internasionale brandstofpryse oor die afgelope maand, hoewel die rand wel effens teen die dollar verstewig het. Internasionale pryse het begin styg namate al hoe meer lande weer hul ekonomieë te midde van die Covid-19 pandemie begin oopmaak.

Petrol sal egter steeds 20% goedkoper wees as ’n jaar gelede toe dit in Gauteng R16,76 per liter gekos het.

Diesel met ’n swaelinhoud van 0,05% sal 22c per liter duurder word en die maksimum kleinhandelprys vir paraffien styg met 54c per liter. Vloeibare petroleumgas (LPG) se prys per kilogram styg met R1,98.

Die rand se verstewiging teen die dollar het darem gehelp dat die brandstofpryse met ’n ekstra 7c per liter styg.

In Gauteng sal 93-oktaan-petrol van Woensdag af R13,20 per liter kos en 95-oktaan R13,40.

Diesel se groothandelprys sal R11,30 wees vir dié met ’n swaelinhoud van 0,05% en R11,38 vir dié met ’n swaelinhoud van 0,005%.

Aan die kus sal 95-oktaan-petrol nou R12,70 kos en diesel se groothandelpryse sal op R10,70 per liter wees.

Meer oor:  Olieprys  |  Koronavirus  |  Petrolprys  |  Petrol  |  Energie  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.