Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Petrolprys styg met skrale 1c per liter

Vanweë die jaarlikse verhoging van vulstasie-werknemers se lone gaan motoriste nié in September minder vir petrol betaal nie. Die styging - van net 1c per liter, oftewel 50c as jou motor se tenk 50 liter kan neem - is egter kwalik ’n brief huis toe werd.

Die lae olieprys is weereens goeie nuus vir Suid-Afrikaanse motoriste. Foto: Pixabay

Die departement van energie het pas aangekondig dat alle grade petrol 1c per liter duurder word nadat die kleinhandelwinsgrens op petrol met 5,3c per liter verhoog is. Sonder die winsgrensstyging sou 95-oktaan-petrol sowat 4c per liter goedkoper geword het.

Diesel word wel met 21c per liter goedkoper soos Vrydag voorspel is. Die kleinhandelprys van diesel word nie gereguleer nie en motoriste sal dus wisselende dalings by vulstasies landwyd beleef. Die daling is wel goeie nuus vir boere en ondernemings wat diesel in die groothandel bekom.

Paraffien word 35c per liter goedkoper, maar gas word 36c per kilogram duurder.

Die nuwe pryse word Woensdag (2 September) van krag.

Dit is die vierde maand in ’n ry dat die petrolprys styg. Die totale styging sedert Junie beloop nou R2,96 per liter, maar petrol is steeds R1,12 per liter goedkoper as waarop dit 2019 afgesluit het. ’n Liter 95-oktaan-petrol kos nou R15,18 in die binneland en R14,48 aan die kus.

Die swakker rand moet die eintlike skuld kry vir die duurder prys. Die rand was in die oorsigtyd gemiddeld R17,28 teenoor die dollar, teenoor R16,82 in die vorige maand.

Die Automobiel-Assosiasie (AA) het verlede week gewaarsku dat dit lyk asof oliepryse weer aan die styg is, wat niks goeds voorspel vir die res van die jaar nie.

Meer oor:  Olieprys  |  Petrolprys  |  Petrol  |  Brandstofpryse  |  Brandstof  |  Diesel  |  Landbou  |  Energie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.