Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Petrolprys styg Woensdag 40c per liter

Die eerste petrolprysstyging vir 2021 is nie goeie nuus vir verbruikers en maatskappye nie, want loodvrye petrol styg 40c per liter.

Fuel consumption showing empty petrol tank. (Photo
Die prys van petrol styg elke eerste Woensdag van die maand. Die petrolprys gaan nou R14,16 langs die kus wees en R14,86 in Gauteng. Dit was laas in Oktober soveel en daarna het die petrolprys vir twee maande gedaal. Foto: Getty Images

Die departement van minerale hulpbronne en energie sê in ’n verklaring die rand het in Desember versterk vergeleke met die vorige maand.

Die wisselkoers het dus ’n kleiner bydrae tot die styging in brandstofpryse gehad. Dit dra omtrent 24c per liter by.

Die gemiddelde Brent-ruolieprys het in Desember met 20% van $42 tot $49 per vat gestyg.

Suid-Afrika voer ruolie en die finale produk teen internasionale pryse in.

Ten opsigte van die finale produk het die internasionale pryse van petrol, diesel en paraffien met 67c; 80c en 79c per liter gestyg.

Die pryse styg in Januarie as volg:

  • Petrol (93- en 95-oktaan) styg onderskeidelik met 43c per liter en 40c.
  • Diesel (met 0,05% en 0,005% sulfaat) styg onderskeidelik 55c per liter en 54c per liter.
  • Paraffien styg met 55c per liter.

Die prys van petrol styg elke eerste Woensdag van die maand.

Die prys van loodvrye petrol gaan nou R14,16 langs die kus wees en R14,86 in Gauteng. Dit was laas in Oktober soveel en daarna het die petrolprys vir twee maande gedaal.

Meer oor:  Departement Van Energie  |  Diesel  |  Olieprys  |  Rand  |  Petrol
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.