Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Petrolprys: Swak rand is slegte nuus vir Augustus

Motoriste moet werklik duim vashou dat die rand, wat sedert Donderdag vir die eerste keer in ’n week weer swakker is as R14 per dollar, nie veel verder gly nie.

Die petrolprys styg waarskynlik in Augustus, maar daar is ’n kans dat diesel goedkoper gaan word.

In dié stadium keer die sterker rand van vroeër in Julie dat petrol in Augustus met byna 42c per liter duurder word en diesel met tot 17c per liter.

Maar selfs met die sterker rand is daar op die oomblik ’n onderverhaling – dus ’n verwagte styging – op die prys van 95-oktaan-petrol. Dit het Vrydagoggend 12c per liter beloop.

Daar was Vrydagoggend ’n oorverhaling van tussen 14c en 15c per liter op dieselpryse, wat aandui dat dié brandstof dalk vir die tweede maand in ’n ry goedkoper gaan word.

Nog net ’n week bly oor voordat die finale brandstofpryse vir Augustus volgende Vrydag bepaal word. Dit sal op Woensdag 7 Augustus van krag word.

Oor- en onderverhalings word daagliks bygewerk en word bepaal deur twee faktore wat daagliks wissel:

  • Internasionale brandstofpryse, wat grootliks deur die olieprys bepaal word; en
  • Die rand-dollar-wisselkoers.

Die prys van Brent-ruolie het dié maand al bo $67 per vat gedraai, hoewel dit die afgelope paar dae effens gestabiliseer het in die omgewing van $64 per vat.

Die rand het Donderdag skerp begin verswak en Donderdag vir die eerste keer in ’n week swakker as R14 teenoor die dollar, op R14,08, gesluit. Vrydag het dit selfs R14,18 getref – iets wat ontleders toeskryf aan Moody’s Investors Service se pessimistiese siening oor die staat se reddingsboei aan Eskom.

Daar is op die oomblik ’n derde faktor met betrekking tot brandstofpryse wat nie deur die daaglikse oor- en onderverhalings weerspieël word nie, naamlik die heffing vir die staatsoliefonds (die sogenaamde Slate-heffing). Die Slate-heffing is op die oomblik 4,38c per liter.

Indien dit in Augustus wegval, wat hoogs waarskynlik is, sal dit help om die styging in die petrolprys te temper of om die daling in die dieselpryse te vergroot.

Die staatsoliefonds is die geld waaruit brandstofmaatskappye vergoed word as hulle deur die loop van ’n maand meer vir brandstof op die ope mark moet betaal as wat hulle verdien uit die gereguleerde prys, wat net een keer per maand aangepas word.

Meer oor:  Ruolie  |  Olieprys  |  Rand  |  Petrolprys  |  Petrol  |  Brandstofpryse  |  Diesel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.