Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
PetroSA, Necsa is ‘bankrot’, hoor parlement

PetroSA, die Suid-Afrikaanse Kernenergiekorporasie (Necsa) en Pelchem is waarskynlik tegnies bankrot.

Kimi Makwetu, ouditeur-generaal. Foto: Daily Sun

Kimi Makwetu, ouditeur-generaal (OG), het Dinsdag in die parlement gesê hy is onseker of dié drie staatsondernemings met hul bedrywighede sal kan voortgaan. Hy het hul oudits aan die portefeuljekomitee oor energie voorgelê.

PetroSA sukkel om skuld in te vorder en lae pryse vir ruolie die afgelope jaar plaas die nasionale oliemaatskappy ook onder druk.

Makwetu sê Necsa se laste is groter as sy bates.

Pelchem, wat spesialis-chemikalieë vervaardig, is grootliks van Necsa afhanklik en ondervind vervoerprobleme.

Fikile Majola, voorsitter van die komitee, het gesê die probleme wat die OG geïdentifiseer het, moet getakel word voordat die parlement se huidige sitting verdaag.

“Wat duidelik blyk, is dat die uitkoms van die ouditmenings dieper probleme in die bedrywighede en sakemodelle van die ondernemings uitwys.”

Die komitee vergader op 26 Februarie met die departement van energie onder wie se beheer die drie ondernemings val.

Meer oor:  Necsa  |  Petrosa  |  Fikile Majola  |  Kimi Makwetu  |  Energie  |  Ouditeur-Generaal  |  Ruolie  |  Olieprys  |  Kernkrag  |  Olie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.