Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Plan en wet vir invoer van aardgas kom gou, sê Gwede

Suid-Afrika se eerste invoerpunt vir vloeibare aardgas wat by die Coega spesiale ekonomiese sone gebou gaan word, sal die grondslag lê vir nuwe gaskragstasies, het Gwede Mantashe, minister van minerale hulpbronne en energie, Dinsdag gesê.

Gwede
Gwede Mantashe, minister van minerale bronne en energie.Foto: Argief

Hy het op die opening van Africa Oil Week, ’n konferensie wat jaarliks deur meer as ’n duisend topbestuurders van oliemaatskappye in Afrika bygewoon word, gesê die invoerpunt sal ook help om bestaande dieselkragstasies na aardgas oor te skakel.

Die invoerpunt by Coega sal ook gebruik word as basis vir die invoer van gas vir PetroSA se gas-tot-brandstofaanleg in Mosselbaai. PetroSA het vroeër gewaarsku sy eie gasbronne gaan teen einde 2020 uitgeput wees.

Volgens Mantashe sal sy departement binnekort ’n raamwerk bekend maak om dié groot projek vir die bou van die gasinvoerpunt te steun.

’n Wysiging aan die gaswet van 2001 wat die projek sal ondersteun sal ook binnekort aan die kabinet voorgelê word, sê Mantashe.

Die gaskragstasies sal die buigsaamheid verskaf en aanvullend tot wisselvallige hernubare energie wees om tydens spitstye aan kragvraag te voldoen.

Die invoer van aardgas sal as ’n korttermyngeleentheid benut word terwyl eie gasbronne in Suid-Afrika self ontwikkel word, soos skaliegas, gas aan die kus en steenkoolmetaangas.

Volgens Mantashe kan aardgas die doeltreffendheid van baie nywerhede verbeter wat brandstofbronne in hul produksieprosesse gebruik wat suboptimaal is.

Meer oor:  Petrosa  |  Gwede Mantashe  |  Brandstof  |  Invoer  |  Aardgas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.