Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
‘Pravin kan sy eie pensioen vir Eskom-skuld gee’

Die DA is nie beïndruk met Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, se steun vir die voorstel deur Cosatu dat pensioengeld gebruik word om Eskom te red nie.

Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings. Foto: Getty Images

Hy behoort sy eie pensioen eerste aan te bied, as hy so tevrede is daarmee is om die aftreespaargeld van miljoene staatsdienswerkers op risiko te plaas om Eskom se skuld af te betaal, sê Geordin Hill-Lewis, DA-woordvoerder oor finansies, in ’n verklaring.

Hill-Lewis sê die voorstel van Cosatu is uiters onverantwoordelik.

Cosatu stel voor staatsdienswerkers se pensioengeld wat deur die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) bestuur word, moet gebruik word om Eskom se skuldlas van R450 miljard te help verlig.

Die vakbond Solidariteit het verlede week gewaarsku hy sal hom tot die hof wend as so iets realiseer. Lees meer hier.

Hill-Lewis doen ’n beroep op die staatspensioenfonds (GEPF) om die voorstel onomwonde te verwerp.

Hy gaan ook vra dat die OBK en die GEPF so gou moontlik voor die parlement se staande komitee oor finansies verskyn om hul standpunt oor die voorstel duidelik te maak.

Volgens Hill-Lewis het hy Woensdag reeds aan die voorsitter van die komitee geskryf om so ’n vergadering aan te vra.

Meer oor:  Cosatu  |  Eskom  |  Geordin Hill-Lewis  |  Pravin Gordhan  |  Pensioengeld  |  Staatsondernemings  |  Skuld  |  Pensioenfonds
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.