Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Private sektor se aftreegeld bekyk vir Eskom

Die regering, die sakesektor en arbeid het ’n ooreenkoms in beginsel bereik oor die “vrywillige mobilisering van spaargeld” soos pensioenfondse om Eskom by te staan, berig Business Day.

ss
Die vakverbond Cosatu is deel van die partye wat onderhandel om 'n ooreenkoms oor die reddingsplan vir Eskom te bereik.

Dié koerant berig ’n dokument wat die raamwerk van die ooreenkoms uiteensit, is Donderdag deur ’n gesamentlike werkgroep opgestel. Dit moet nog deur die verskillende partye bekragtig word.

Luidens die berig is die plan is dat dié ooreenkoms in pres. Cyril Ramaphosa se staatsrede volgende week ingesluit moet word.

Die dokument vermy blykbaar uitdruklik die bekendstelling van voorgeskrewe bates wat sal beteken pensioenfondse gaan ingevolge wetgewing verplig word om minimum bedrae in sekere bateklasse te belê. Die voorstel is dat die spaarbedryf “vrywillig” probeer om beleggings in infrastruktuurprojekte te verhoog.

Daar is breë konsensus tussen die regering, die sakesektor en arbeid in Suid-Afrika dat Eskom dringend verlig moet word van ’n groot deel van sy skuldlas.

Moneyweb  het berig Martin Kingston, ondervoorsitter van Business Unity South Africa (Busa), sê die sosiale vennote begryp finansiële bronne moet gemobiliseer word vir die voorstel – van die openbare of private sektor – maar dat dit gedoen word op ’n wyse wat nie die finansiële sektor van Suid-Afrika se stabiliteit bedreig nie.

Kingston sê dit beteken wanneer geld van pensioenfondse bekom word, moet dit binne die mandate van die fondse wees, of dit nou die staatsamptenare se pensioenfonds of private sektor is.

Meer oor:  Cosatu  |  Busa  |  Eskom  |  Infrastruktuur  |  Pensioenfondse
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.