Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Privatiseer Eskom, vra TLU

Indien Eskom nie vinnig geprivatiseer word nie moet boere en ander sake-ondernemings gereed maak om sonder elektrisiteit sake te doen, sê die Transvaalse Landbou-Unie (TLU).

Louis Meintjes, president van die TLU, sê in ’n mediaverklaring Eskom het hierdie week vir die eerste keer nóg fase 4-beurtkrag ingestel.

Eskom erken self hy is tegnies bankrot en kan teen April vanjaar heeltemal in duie stort en daarom is dit tyd vir privatisering, sê Meintjes.

Hy sê die skuldlas van die land se enigste energieverskaffer staan op ongeveer R420 miljard en met geen lig in die tonnel nie sal dit in die volgende drie jaar tot R650 miljard groei.

Eskom verwag vanjaar ’n verlies van R11,2 miljard en het in die vorige boekjaar ’n verlies van R2,3 miljard gely.

Die inkomste wat nou deur Eskom gegenereer word, is nie eens genoeg om die bedryfskoste en rente op skuld te vereffen nie, sê Meintjes.

Hy sê Eskom se agteruitgang is ’n erge bedreiging vir die land se ekonomie en die kans is baie groot dat Moody’s Investors Service Suid-Afrika binnekort as gevolg hiervan tot rommelstatus gaan afgradeer.

“Die enigste oplossing is nou om Eskom te privatiseer,” sê Meintjes.

Die tyd het aangebreek om aan private instellings die reg te gee om elektrisiteit op te wek, te versprei en te bestuur.

“Boere en ander sake-ondernemings kan eenvoudig nie meer bekostig om aan die een kant deur onvoorspelbare elektrisiteitsvoorsiening en aan die ander kant onsekere belegging- en uitvoergeleenthede gekniehalter te word nie.

Meintjes sê gesien in die lig van die kultuur van korrupsie en swak finansiële bestuur wat eie is aan staatsinstellings, is TLU SA van mening dat privatisering nou die beste oplossing is.

Meintjes sê Eskom het in die afgelope tien jaar tien uitvoerende hoofde gehad en dat die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, moet volhou met sy onbaatsugtige optrede teen korrupsie, bedrog en die ondermyning van vooruitgang in die land.”

Meer oor:  Moody’S  |  Eskom
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.