Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
R1,4 mjd. se bates bevries in Eskom-saak

Die bates van mense wat van korrupsie by Eskom aangekla word, is pas bevries.

France Hlakudi toe hy ’n vorige keer verskyn het. Foto: Deaan Vivier

Die hooggeregshof in Johannesburg het ’n beperkingsbevel toegestaan wat R1,4 miljard se bates bevries.

Dit hou verband met die beweerde korrupsie met die bou van die Kusile-kragstasie.

Dit is eiendom wat behoort aan:

  • France Hlakudi, ’n voormalige senior bestuurder vir kapitaalprojekte van Eskom;
  • Abram Masango, voormalige groephoof oor kapitaal van Eskom;
  • Antonio Trindade, voormalige uitvoerende hoof van Tubular Construction Projects;
  • Maphoko Kgomoeswana, ’n sakeman;
  • Michael Lomas, ’n voormalige direkteur van Tubular; en
  • Ses maatskappye wat deur dié individue besit word, asook bates van hul lewensmaats en familietrusts.

Lomas is onlangs in Brittanje in hegtenis geneem en die proses is aan die gang gesit om hom aan Suid-Afrika uit te lewer. Hy sal weer op 20 Mei in hierdie verband in ’n hof in Londen verskyn.

Die hofbevel, wat toegestaan is ingevolge die Wet op die Voorkoming van Georganiseerde Misdaad, verbied die partye om die eiendom te verkoop tot tyd en wyl die strafregtelike saak teen die vyf mense afgehandel is.

Trevor Hill is ingevolge die bevel as kurator aangestel en het ’n inventaris van bates opgestel.

Al vyf staan op aanklagte van bedrog en korrupsie tereg.

Kgomoeswana staan op ’n bykomende aanklag van geldwassery tereg.

R745 miljoen is aan Tubular betaal vir werk by Kusile.

Die saak sal op 1 Junie begin.

Meer oor:  Eskom  |  Kusile  |  France Hlakudi  |  Beslaglegging  |  Korrupsie  |  Bedrog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.