Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Eskom kort miljarde om onafhanklike krag te koppel
André de Ruyter, Eskom se nuwe uitvoerende hoof, in sy hoekkantoor by Megawattpark met die plafonhoë vensters en snippermandjies vol verlore regrukplanne van sy voorgangers. Foto: Deon Raath

André de Ruyter, uitvoerende hoof van Eskom, sê R18 miljard moet bestee word om al die elektrisiteit van onafhanklike kragprodusente op die Eskom-kragnetwerk te akkommodeer.

De Ruyter het in ’n onderhoud met Business Day TV gesê hy is ten gunste daarvan om maatskappye toe te laat om hul eie krag op te wek, maar daar is ’n aansienlike aanvangskoste as hulle hul oortollige elektrisiteit aan die Eskom-kragnetwerk wil verkoop.

Myne en nywerheidsmaatskappye is gefrustreerd deur die gereelde kragonderbrekings en plaas al lank druk op die regering om hulle toe te laat om hul eie kragsentrales te bou om seker te maak hulle het genoeg krag. Hulle wil ook hul ekstra elektrisiteit aan ander kliënte verkoop.

“Daar is ’n bedrag van sowat R18 miljard wat belê moet word om die toegang van onafhanklike kragprodusente tot die kragnetwerk te akkommodeer,” het De Ruyter in die onderhoud met Business Day TV in Johannesburg gesê.

“Iemand moet daarvoor betaal en dit kan nie Eskom wees as hy nie die koste op een of ander manier kan verhaal nie.”

Die toetrede van meer private kragopwekkers sal Eskom die kans gee om meer instandhouding op sy verouderende aanlegte te doen, sê De Ruyter. Dit kan ook kragsentrales vervang wat op pad is om te sluit.

LEES OOK: Wat jy moet weet oor eie kragopwekking

Daar is ’n behoefte daaraan om private kapitaal na veral die kragopwekkingsektor te lok waar ’n aantal Eskom-bates aan die einde van hul leeftyd kom, sê hy.

Eskom het nie die geld op sy balansstaat om bykomende kragopwekkingsvermoë te bou nie.

“Ons dink dit is tyd dat ons die elektrisiteitsbedryf so struktureer dat ons private investering in veral kragopwekking aanmoedig.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.