Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Radebe: Beleggers hou van Cyril se plan
Jeff Radebe lewer 'n voordrag tydens die Africa Oil Week wat in Kaapstad gehou word.

Jeff Radebe, minister van energie, sê die beleggings wat op pres. Cyril Ramaphosa se onlangse beleggingsberaad gelok is, wys dat beleggers die regering se beleid steun.

Radebe het op die opening van die Africa Oil Week in Kaapstad gesê hy hoop nuwe beleggings word ook na olie-eksplorasie en raffinering gelok.

Die skerp hoër oliepryse tref die lewenskoste van mense in ’n netto olie-invoerder soos Suid-Afrika, maar lok ook meer geld na eksplorasie, sê Radebe.

Die gebrek aan wêreldklas-raffineringstegnologie weerhou Afrika daarvan om sy eie hulpbronne te benut.

Aardgas kan die doeltreffendheid van baie bedrywe verbeter.

’n Interstaat-komitee is in Suider-Afrika gestig sodat die streek se buurlande kan saamwerk om aardgas beter te benut.

Dr. Fatih Birol, uitvoerende direkteur van die Internasionale Energie-agentskap (IEA), sê stygende oliepryse kom op ’n moeilike tyd vir die wêreldekonomie.

Elektrisiteitsvraag groei egter dubbel so vinnig as breë energievraag.

Sommige mense meen die olie-era is aan die verbygaan, maar Birol sê hy wil die oliebaronne troos want verwagtings is dat oliegroei aangedryf word deur lug- en skeepsvervoer asook die petrochemiese bedryf.

Birol waarsku beleggings in eksplorasie groei te stadig om aan die volgehoue verwagte groei in olievraag te voldoen.

Afrika is ryk aan olie, gas, windkrag, sonkrag en hidrokrag, sê Birol.

Afrika se olieproduksie kan onder die regte toestande nog sterk groei.

Die goeie nuus kom van aardgas want Afrika kan ’n nuwe reus in gasproduksie word.

Tans word gas meestal in pypleidings vervoer, maar Birol voorspel vloeibare aardgas wat per skip vervoer word, groei die vinnigste en sal teen 2040 oorheers.

Toegang tot elektrisiteit is nog wel ’n groot probleem in Afrika, sê Birol.

Hy voorspel mededingender gasmarkte in die toekoms.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.