Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Radebe vervang kernraad oor Rosatom, wanbestuur
Jeff Radebe, minister van energie.

Jeff Radebe, minister van energie, het die hele direksie van die Kernenergiekorpoarasie van Suid-Afrika (Necsa) vervang omdat dié volgens hom nie sy fidusiêre pligte nagekom het nie.

Hy het die redes vir sy besluit Vrydag op ’n mediakonferensie in Pretoria verduidelik.

Necsa doen navorsing oor kernenergie, stralingswetenskappe en tegnologie.

Dit is ook verantwoordelik vir die verryking van uraan.

Die kabinet het die nuwe direksie vandeesweek goedgekeur.

Die nuwe lede is dr. Robert Adam, wat Kelvin Kemm as voorsitter vervang, dr. Ramatsemela Masango, Aadil Patel, Bishen Singh, Pulane Kingston, Mathlodi Ngwenya, Jabulani Ndlovu en Pulane Molokwane.

Phumzile Tshelane, uitvoerende hoof van Necsa, is as voorsorgmaatreël tydelik geskors.

Radebe sê onreëlmatighede waarby Tshelane glo betrokke was, sal ondersoek word.

Don Robertson is as waarnemende uitvoerende hoof aangestel. Hy was voorheen besturende direkteur van NTP, ’n filiaal van Necsa.

“Hy sal die direksie help om goeie bestuur en die finansiële volhoubaarheid van die organisasie te herstel,” sê Radebe.

Ernstige bestuursprobleme

Radebe sê daar was talle ernstige probleme.

Dit sluit in die ondertekening van ’n memorandum van verstandhouding met die Russiese maatskappy Rosatom ondanks die minister se opdrag om dit nié te doen nie.

Van die ander kwessies is die nienakoming van wetgewing en spesifieke opdragte van die departement van energie, finansiële wanbestuur, onreëlmatighede met vergoeding en ongemagtigde internasionale reise.

“Die direksie van die AEK het by verskeie geleenthede versuim om sy statutêre mandaat op ’n bevredigende en omsigtige wyse uit te voer.”

Thembisile Majola, adjunk-minister van energie, sê die NTP het ’n kritieke internasionale rol in die vervaardiging van mediese isotope.

Majola het bevestig Kemm, Tshelane en Pamela Bosman het prokureurs genader om appèl aan te teken teen die besluit om hulle van hul poste te onthef.

“Dit sal hanteer word, maar ons gaan voort omdat ons baie werk het om die skade te herstel.”

Fin24

Meer oor:  Aek  |  Rosatom  |  Jeff Radebe  |  Kernkrag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.