Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Rand bring al hoe meer pyn vir petrolprys
Motoriste gaan vir die sesde opeenvolgende maand meer note moet uithaal vir dieselfde hoeveelheid petrol of diesel.

Nog ’n dag, nog ’n paar sent wat jy in September méér vir brandstof gaan opdok.

Die swak rand – wat Woensdag reeds ’n laagtepunt van R14,45 teenoor die dollar gehaal het – gaan verseker dat motoriste vir die sesde opeenvolgende maand meer note sal moet uithaal vir dieselfde hoeveelheid petrol of diesel.

Die onderverhalings – dus met hoeveel pryse sal moet styg indien dit nou vasgepen word – beloop nou reeds 14c per liter op 95-oktaan-petrol, 13c per liter op diesel en 5c per liter op paraffien.

Die finale pryse word oor net meer as ’n week, op 31 Augustus, aangekondig en geld van Woensdag 5 September af.

Die enigste rede vir die verwagte styging is die swakker rand. Die rand het sedert 8 Augustus dramaties met meer as R1 oftewel 7% teenoor die dollar verswak weens die twis tussen Turkye en die VSA wat alle ontluikende lande se geldeenhede swaar getref het.

Die Turkse en Amerikaanse regerings is haaks oor ’n Amerikaanse pastoor wat twee jaar gelede in hegtenis geneem is vir beweerde steun aan politieke opponente van pres. Tayyip Erdogan. Albei lande het as deel van die geskil enorme invoertariewe teen mekaar ingestel.

Die rand is aansienlik swakker as die gemiddeld van R13,47 in die oorsigtydperk waarop Augustus se brandstofpryse gegrond is.

As dit nie vir die rand was nie, sou petrol met 3c tot 5c per liter goedkoper kon word, diesel met 4c per liter en paraffien met 13c per liter.

Die tweede faktor wat Suid-Afrikaanse brandstofpryse bepaal, is internasionale ruoliepryse.

Bloomberg berig dat oliepryse aan die styg is omdat Amerika se opgebergde ruolievoorraad laer is.

Brent-ruolie het egter steeds onder $73 per vat verhandel op die Londense termynkontrakbeurs.

Meer oor:  Ruolie  |  Petrolprys  |  Brandstof  |  Wisselkoers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.