Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Rand bult spiere, maar petrol steeds duurder
Die rand bly verstewig teenoor die dollar, maar dit lyk of dit nie genoeg gaan wees om ’n beduidende styging in die prys van brandstof te keer nie.Foto: Argief

Die rand mag dalk stadig maar seker teenoor die dollar versterk, maar dit lyk nie of dit gaan keer dat die prys van petrol drasties gaan styg nie.

Die rand het vroeg Woensdagoggend teen R17,38 teenoor die dollar verhandel.

Dit is die beste vlak sedert einde Maart.

Nolan Wapenaar, medehoofbeleggingsbeampte by Anchor Capital, skryf in ’n nota hy dink daar is ’n goeie kans dat die rand aanhou gaan versterk.

Hy glo soos wat beleggers weer meer geneë is om in ontluikende markte te belê, so sal dit die rand en ander geldeenhede van ontluikende ekonomieë ondersteun.

Wapenaar sê hy glo met tyd sal die rand weer onder die R16-vlak teenoor die dollar verhandel. Hy waarsku egter die rand se tog na dié vlak gaan eerder ’n marathon as ’n naelloop wees.

Hoewel die geldeenheid sedert Vrydag konstant onder die R18-vlak teenoor die dollar verhandel, blyk dit net nie genoeg te wees om die styging in die prys van brent-ruolie teen te werk wanneer dit by brandstofpryse in Suid-Afrika kom nie.

Waar brent-ruolie Vrydag in ’n stadium nog teen $33,55 per vat verhandel het, verhandel dit nou teen $36,12 per vat.

Dié styging in die olieprys, en die rand wat dit nié behoorlik teenwerk nie, beteken dat sou die brandstofprys vandag vasgestel moes word, die prys van 95-oktaan-petrol met R1,07 per liter sou styg.

Boonop sal die prys van diesel, ongeag die swaelinhoud, met 8c styg.

Die oorsigtydperk vir Junie se brandstofpryse duur tot Donderdag 28 Mei en die nuwe pryse word op Woensdag 3 Junie van krag. Daar is dus nou net twee dae oor voordat die finale prysverandering vasgestel gaan word.

95-oktaan petrol kos tans R12,22 per liter in Gauteng en R11,52 aan die kus. Diesel (0,05% swael) kos R11,09 per liter in Gauteng en R10,48 aan die kus.

Meer oor:  Sentrale Energiefonds  |  Rand  |  Petrolprys  |  Petrol  |  Dollar  |  Diesel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.