Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Regering skuif Eskom dalk weg van Pravin

Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, gaan dalk eersdaags nie meer verantwoordelik wees vir die land se grootste openbare onderneming – Eskom – nie.

Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings. Foto: Getty Images

Pres. Cyril Ramaphosa oorweeg dit glo om die ministeries wat verantwoordelik is vir sekere staatsondernemings te verander.

Mense na aan die saak sê die skuif word oorweeg om staatsondernemings te laat sorteer onder departemente wat met hul funksies verband hou.

Eskom, Denel, die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) en ander entiteite is tans die verantwoordelikheid van Gordhan se departement.

Eskom gaan dalk geskuif word na die departement van minerale bronne en energie, onder Gwede Mantashe, het die bronne gesê.

Denel, op sy beurt, gaan dalk geskuif word na die departement van verdediging en die SAL na die departement van vervoer, het die bronne gesê. Hulle verkies om naamloos te bly aangesien ’n amptelike aankondiging nog nie gedoen is nie.

Gordhan se lot is onduidelik. Meer duidelikheid sal dalk verskaf word as Ramaphosa sy kabinet skommel, soos wat lank al verwag word.

Tyrone Seale, Ramaphosa se waarnemende woordvoerder, sê hy kan nie kommentaar lewer oor ’n moontlike kabinetskommeling nie. Richard Mantu, woordvoerder van die departement van openbare ondernemings, wou ook nie kommentaar lewer nie.

Die skuif, indien dit deurgevoer word, kan volgens sommige ontleders pogings vertraag om Eskom te laat wegbeweeg van steenkool om elektrisiteit op te wek en sodoende sy koolstofvoetspoor te verklein.

Mantashe, ’n voormalige vakbondleier en voorsitter van die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party wat in die steenkoolbedryf gewerk het, ondersteun die ontwikkeling van steenkoolkragstasies.

“Met sy huidige leierskap sal die koppeling van die departement van minerale bronne en energie en Eskom ’n ramp wees,” sê Peter Attard-Montalto, hoof van kapitaalmarknavorsing van Intellidex. Dit sal waarskynlik die situasie onhoudbaar raak, het hy gesê.

Daar is nog geen finale besluit oor die skuiwe geneem nie, het die bronne gesê.

Verlede jaar het Ramaphosa ’n raad aangestel om die bestuursraamwerk van staatsondernemings te herposisioneer en te versterk, asook om hul kontantvloeiprobleme op te los en omkeerplanne in werking te stel.

Staatsondernemings is leeggetap deur jare se wanbestuur en korrupsie. – Bloomberg

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.