Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Regering vra om verskoning vir beurtkrag

Adj.pres. David Mabuza het namens die regering om verskoning gevra vir die ongerief wat veroorsaak word deur die huidige beurtkrag.

Hy is Donderdag in vraetyd in die Nasionale Vergadering uitgevra oor fase 2-beurtkrag wat Eskom skielik Woensdag landwyd begin toepas het.

“Oor die huidige beurtkrag moet ek namens die regering om verskoning vra aan alle sakeondernemings, studente wat nie kon eksamen skryf nie, die ongerief wat veroorsaak is. Ons kyk na die probleme wat Eskom geraak het en wil Suid-Afrikaners verseker dat daar aandag aan die probleem gegee word en dat ons sal terugkeer na normaliteit,” sê Mabuza.

“Die land moet weet dat die elektrisiteitskapasiteit wat vroeër op 47 000 MW gestaan het tot bykans 35 000 MW verminder is weens die verouderde kragstasies.”

Daar is ’n aantal kragstasies wat buite werking is omdat dit oud is.

“Die kragstasies – sommige van hulle is oud. Byvoorbeeld, by die Hendrina-kragstasie waar ses eenhede moet funksioneer, werk slegs twee eenhede. Die res het hul lewensduurte bereik. Dit geld vir ’n aantal kragstasies wat oud is.”

Hy het die geïntegreerde hulpbronplan (IRP) verwelkom wat deur Gwede Mantashe, minister van energie en mynbou, bekend gestel is.

“Dit is ’n stap in die regte rigting. Natuurlik moet ons stelselmatig ruimte begin maak vir onafhanklike kragvervaardigers om die huidige tekort te verklein.”

Meer oor:  Eskom  |  Adj.Pres. David Mabuza  |  Kragstasies  |  Beurtkrag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.