Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Regte toestelle sit geld terug in jou sak

Verbruikers kan help met die land se kragprobleme deur die regte huishoudelike toestelle te koop. En daarby kan hulle selfs ’n paar rand terugsit in hul sak.

DIe regte huishoudelike toestelle kan ’n groot verskil maak in die land se kragverbruik.

Defy sê ’n mens kan oor ’n tydperk van vyf jaar R1 847 bespaar op jou krag deur net die regte toestelle aan te skaf.

Die prys van elektrisiteit het sedert 2002 met 500% gestyg. Daarom is dit nie net vir jou sak nie, maar ook vir die omgewing ’n goeie idee om meer energiedoeltreffende toestelle aan te skaf.

Destyds het die krag 14,98c per kilowattuur gekos, maar dit het in 2019 tot 90,01c gestyg en die prys styg vanjaar met meer as 15%.

Met veral yskaste en vrieskaste wat 400 watt per uur kan trek, sal dit goed kan wees as die toestelle jou eerder geld kan bespaar.

Defy, die grootste vervaardiger en verspreider van groot huishoudelike toestelle in Suider-Afrika, het onlangs met ’n veldtog begin om verbruikers in te lig oor die belangrikheid daarvan om energiebesparende toestelle te koop.

Defy het vroeër vanjaar ’n yskas bekend gestel wat met sonkrag werk.

LEES OOK: Sonkrag-yskas hou jou koel, selfs met beurtkrag

Richard Bunting, streeksverkoopsdirekteur van Defy, sê dat verbruikers bloot deur produkte met ’n energie-doeltreffendheidsgradering van A+ of hoër te koop tot R1 847 bespaar oor ’n tydperk van vyf jaar.

“Hoewel verbruikers gewoonlik hul aankoopbesluite neem op grond van die koopprys, wil ons hê dat daardie besluit heroorweeg word, veral wat betref verkoeling, wat 24 uur per dag, sewe dae per week aangeskakel bly,” sê Bunting.

Volgens Defy het 63% van die sowat 900 000 yskaste wat in 2020 plaaslik verkoop is, nie ’n A+ energie-doeltreffendheidsgradering gehad nie.

“As hulle dit gehad het, sou verbruikers 50% van hul energiekoste bespaar het.”

Behalwe besparing is dit ook iets wat ons moet doen vir die omgewing.

“Nie net sit energie-doeltreffende toestelle geld in die sak van ons verbruikers nie, maar dit is ook beter vir die omgewing. Dit is veral belangrik omdat Afrika een van die vastelande is wat die kwesbaarste is vir klimaatsverandering, wat vererger word deur die bestaande ontwikkelingsuitdagings.

“’n Belangrike oorweging is dat Suid-Afrika steeds staatmaak op steenkoolkragstasies wat sowat 80% van die land se elektrisiteit produseer.

“As die 900 000 eenhede wat vroeër genoem is, ’n A+-gradering gehad het, sou dit Suid-Afrika dieselfde hoeveelheid energie bespaar het as wat die twee Medupi-kragstasies lewer.”

Meer oor:  Omgewing  |  Krag  |  Sonkrag  |  Elektrisiteit  |  Kragtariewe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.