Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
SA kry geld by Wêreldbank vir navorsing oor krag
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Energieontwikkelingsinstituut het $305 000 van die Wêreldbank gekry vir ‘n studie oor finansiering van energiedoeltreffendheid.

Suid-Afrika het $305 000 van die Wêreldbank ontvang om uit te werk hoe om projekte te finansier wat energiedoeltreffendheid verbeter.

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Energieontwikkelingsinstituut (Sanedi) en die departement van minerale hulpbronne en energie is die entiteite wat die geld kry.

Hulle moet dit gebruik om toepaslike finansieringsmeganismes te identifiseer en ontwikkel om energiedoeltreffendheidsprojekte in die landbou- en nywerheidsektore, asook onder die publiek te bevorder.

Barry Bredenkamp, hoofbestuurder vir energiedoeltreffendheid en korporatiewe kommunikasie by Sanedi, sê hulle praat sedert April met die Wêreldbank se energiespan oor die toekenning, en is verheug om onlangs te hoor dat dit goedgekeur is.

Die geld sal gebruik word om ’n studie te doen oor die ontwerp van meganismes wat gebruik kan word om die private sektor aan te moedig om deel te neem aan energiedoeltreffendheidsprojekte.

Ashok Sarkar, senior energiespesialis van die Wêreldbank, sê in ’n verklaring die projek sal kan put uit internasionale ervaring, beste praktyk en lesse van ander lande waar die Wêreldbank reeds iets soortgelyks gefinansier het.

Energiedoeltreffendheid is een van die mees belowende en kostedoeltreffende oplossings om kragonderbrekings te vermy, energiesekerheid te verbeter, kweekhuisgasse te verminder en terselfdertyd werk te skep, sê Sarkar.

Bredenkamp sê energiedoeltreffendheid verminder die hoeveelheid energie wat nodig is vir beligting, verhitting, en verkoeling, en dit verbeter bedrywe se mededingendheid.

Meer oor:  Wêreldbank  |  Elektrisiteit  |  Energie  |  Kragopwekking  |  Kragvoorsiening  |  Navorsing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.