Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
SA kry sy strategiese olievoorraad terug

Die Sentrale Energiefonds (SEF) moet nou die 10 miljoen vate olie terugkoop van maatskappye aan wie Suid-Afrika se strategiese olievoorraad in 2015 verkoop is.

saldanha
’n Lugfoto van die Strategiese Brandstoffonds se olietenkplaas by Saldanha.Foto: SFF

Die hooggeregshof in Kaapstad het Vrydag beslis dat die transaksie omgekeer moet word.

Die SEF het die hofbeslissing verwelkom, maar gaan wel die toekenning van vergoeding vir ’n verskansingsverlies beveg. Dit handel oor een van die oliehandelaars wat eis vir die koste vir sy verskansing van die olietransaksie.

Die SEF gaan regsadvies kry om teen dié deel van die hofuitspraak te appelleer.

Dit kom nadat die Strategiese Brandstoffonds, ’n filiaal van die SEF, in 2015 onder leiding van Sibusiso Gamede, destyds uitvoerende hoof van die brandstoffonds, die strategiese brandstofvoorraad verkoop het. Dit was teen pryse wat in daardie stadium veel laer as die heersende olieprys was, en die transaksie is boonop beklink sonder die nodige goedkeuring van die nasionale tesourie.

Godfrey Moagi, huidige uitvoerende hoof van die brandstoffonds, het Vrydag die uitspraak verwelkom en gesê as dié onwettige transaksies nie uitgedaag en omgekeer is nie, sou die staat groot finansiële verliese gely het as hy die verkoopte olie weer teen markpryse moes terugkoop.

“As maatskappy gaan ons verseker dat alle maatreëls getref word om te sorg dat daar gevolge is vir alle werknemers wat oortree het, veral dié wat steeds in die brandstoffonds se diens is,” het Moagi gesê.

Die betrokke oliehandelaars wat die olie gekoop het, het ingestem dat die transaksie ongeldig was, en as deel van die hofbeslissing sal die brandstoffonds alle geld met rente terugbetaal in ruil vir die olie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.