Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
SA kus in visier vir eksplorasie

Daar is 65 hangende aansoeke om vir olie en gas aan die kus van Suid-Afrika te eksploreer, sê Selwyn Adams, hoofgeoloog van die Petroleumagentskap van Suid-Afrika (Pasa).

’n Olieboor naby die kus van Noorweë. Foto te illustrasie: Bloomberg

Adams sê die enigste gasontdekking aan die Weskus is die Ibhubesi-veld, wat Sunrise Energy en PetroSA saam besit. Hulle onderhandel nog met Eskom om die gas aan die Ankerlig-kragstasie te lewer wat op diesel loop.

Die enigste olie wat tot dusver aan die kus ontdek is, is aan die Suid-Kaapse kus, maar produksie is in 2008 gestaak, want die olie het opgedroog.

Die Franse oliereus Total gaan binnekort in ’n ander veld in die omgewing ’n boorgat sink, het Adams by Africa Oil Week in Kaapstad gesê.

Aan die suidooskus naby Port Elizabeth is daar ook ’n paar velde waarop geologiese studies gedoen word.

Sasol is saam met vennote betrokke by eksplorasie aan die kus van KwaZulu-Natal.

Twee eksplorasieboorgate word daar beoog en omgewingsimpakstudies word daaroor gedoen.

Op land ondersoek AngloCoal die ontginning van steenkoolbed-metaangas.

Groot dele van die Oos-Vrystaat en noordelike KwaZulu-Natal is ook onder aansoek vir tegniese ondersoekpermitte.

In die Karoo gaan daar volgens Adams nog niks aan wat skaliegas-eksplorasie betref nie. Aansoeke vir eksplorasiepermitte is nog opgeskort en ’n ministeriële besluit word binnekort verwag oor die pad vorentoe. Dit het gevolg ná skerp protes teen skaliegaseksplorasie in die Karoo.

Meer oor:  Sasol  |  Petrosa  |  Total  |  Pasa  |  Sunrise Energy  |  Olie  |  Skalie  |  Skaliegas  |  Aardgas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.