Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
SA se grootste raffinadery weer op dreef

Die Sapref-raffinadery in Durban, wat deur BP en Shell bestuur word, het Woensdag weer in bedryf getree.

Die raffinadery, wat verlede week gesluit het weens die plundery en geweld in KwaZulu-Natal, sal nou binne sewe tot tien dae weer volstoom produksie hervat, berig Reuters.

Sapref is die land se grootste raffinadery en produseer sowat 180 000 vate brandstof per dag.

Dit is omtrent 35% van die land se raffineringsvermoë.

Suid-Afrika is egter steeds ’n netto invoerder van brandstof met sy vyf oorblywende raffinaderye wat nie genoeg produseer om te voorsien aan die land se behoeftes nie.

Die Sapref-aanleg word 50/50 deur BP en Shell besit.

Die Sapref-raffinadery in Durban. Foto: Flickr
Meer oor:  Shell  |  Sapref  |  Bp  |  Plundery En Geweld  |  Petrol  |  Onluste  |  Brandstof  |  Diesel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.