Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Saoedi-Arabië verskeep helfte minder olie – pryse styg
Khalid Al-Falih, Saoedi-Arabiese Minister van Energie (links) en Russiese pres. Wladimir Poetin (regs)

Saoedi-Arabië se versoek aan die Organisasie van Petroleumuitvoerlande (Opul) om olieproduksie met een miljoen vate per dag te verminder, gaan gepaard met ’n eensydige besluit om dadelik sy verskeping met 500 000 vate per dag te sny.

Khalid Al-Falih, minister van energie, se aankondiging hieroor kom ’n dag ná ’n vergadering tussen Opul en sy vennote in Abu Dhabi oor ’n moontlike produksie-inperking vir 2019.

Saoedi-Arabië moet nou die ander groot produsente oortuig om ook hul produksie te sny, maar sy Opul-vennote stem nog nie almal saam nie.

Bob Dudley, BP se uitvoerende hoof, sê Saoedi-Arabië se aankondiging is genoeg om oliepryse op te stoot. Ná die aankondiging het pryse reeds met sowat 2,4% gestyg in Londen, en 1,8% in New York.

Die huiwerigheid van sommige ander lede van Opul om so vinnig te reageer op die dalende olieprys sedert Oktober, is deels weens die onvoorspelbaarheid van Iran se aanbod ná nuwe Amerikaanse sanksies teen die land.

Aanvanklik het die mark verwag dat die aanbod uit Iran sal daal, maar toe kondig Amerika aan dat agt lande voorwaardelike vrystelling kry en steeds Iranse olie mag invoer.

Mohammed Al-Rumhy, Oman se minister van olie, sê daar is wel konsensus dat “daar ’n ooraanbod is en dat iets daaraan gedoen moet word”.

Pryse daal wanneer daar ’n ooraanbod is. Pryse het in die afgelope paar weke tot die laagste vlakke in maande gedaal, maar dit is steeds hoër as ’n jaar gelede.

Volgens Helima Croft, hoofstrateeg vir kommoditeite van RBC Capital Market LLC in Kanada, “hang alles uiteindelik af van Rusland”.

Rusland, wat nie ’n lid van Opul is nie, is gemakliker met die taamlik lae olieprys. Vagit Alekperov, uitvoerende hoof van Rusland se naasgrootste olieprodusent, Lukoil PJSC, sê dit is nie noodsaaklik om nou olieproduksie te sny nie.

Rusland self het die hoogste produksie van olie bereik sedert die Sowjet-era, met 11,4 miljoen vate per dag.

Volgens Alexander Losev, hoof van Sputnik-batebestuur, kan Rusland wel baat vind. Met die gepaardgaande hoër pryse van laer produksie kan Rusland sy kontantvloei verbeter terwyl sy bedryfskoste daal.

Opul vergader weer op 6 Desember in Wene, Oostenryk.

Bloomberg, verwerk

Meer oor:  Opul  |  Olieprys  |  Olie  |  Petrolprys  |  Brandstofpryse
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.