Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Sasol beklink nóg ’n transaksie in die VSA

Sasol het nóg ’n transaksie in die VSA beklink waarmee hy sy skuldlas gaan verminder.

Sasol het nog ’n transaksie in die VSA beklink om sy skuld onder beheer te kry. Foto: Argief

Dié keer het hy sy 50%-belang in die Gemini-aanleg in La Porte, Texas, vir $404 miljoen aan Ineos Gemini verkoop. Ineos het reeds die ander 50% van die aanleg besit.

Gemini vervaardig bimodale hoëdigtheid-poliëtileen.

Sasol sê Dinsdag in ’n Sens-verklaring dat die transaksie deel vorm van die stappe wat hy doen om sy skuldlas onder beheer te kry. Sasol se skuld beloop tans sowat R190 miljard.

’n Deel van die skuld is in dollar. Dit is omdat hy $12,8 miljard bestee het om ’n aanleg in Lake Charles, in die Amerikaanse deelstaat Louisiana te bou.

Sasol het voorheen gesê dat hy teen Junie 2021 $6 miljard van sy skuld wil afbetaal.

Daar is geen verband tussen die Gemini-aanleg en Lake Charles nie.

Die Gemini-transaksie is die tweede in die VSA die afgelope maande.

Sasol het in Oktober aangekondig dat hy ’n 50%-belang in die afdeling wat op kommoditeitschemikalieë fokus in sy aanleg in Lake Charles vir $2 miljard verkoop het.

Die maatskappy het vroeër vanjaar gesê dat hy oorweeg ’n regte-uitgifte van tot $2 miljard om sy skuld onder beheer te kry.

Paul Victor, finansiële hoof van Sasol, het onlangs aan Netwerk24 gesê hoewel die maatskappy nie vanjaar voortgaan met die regte-uitgifte nie, is daar steeds ’n kans dat hy dit vroeg in 2021 gaan doen.

Sou Sasol voortgaan met ’n regte-uitgifgte, sal die waarde daarvan afhang in watter mate hy skuld kan delg.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.