Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Sasol: Beleggers sê nee oor vergoeding
Sasol se hoofkantoor in Sandton, Johannesburg. Foto: Elvira Wood

Nie eens ’n voorstel om nie-uitvoerende direkteure se salarisse met 20% te snoei, kon Sasol se beleggers oortuig om ten gunste van die maatskappy se vergoedingsbeleid te stem nie.

Altesaam 28% van Sasol se aandeelhouers het Vrydag op die maatskappy se algemene jaarvergadering teen die maatskappy se vergoedingsbeleid gestem. 56% het teen ’n resolusie gestem om ’n verslag te aanvaar wat uiteensit hoe Stephen Cornell en Bongani Nqwababa saam bykans R100 miljoen betaal is. R35 miljoen hiervan was vir skeidingspakkette.

Cornell en Nqwababa het albei in Oktober op kort kennisgewing bedank.

Dit volg nadat groot institusionele beleggers reeds in Augustus verlede jaar gevra het dat dié twee uitgeskop moet word weens die probleme wat die maatskappy by sy Lake Charles-aanleg in die Amerikaanse deelstaat Louisiana ervaar het.

Sasol het in Mei 2019 aangekondig dat dié aanleg hom $12,8 miljard gaan kos.

Die plan was oorspronklik dat die aanleg $8,9 miljard sou kos en in 2018 voltooi sou word.

Die aanleg is vroeër vandeesmaand eindelik voltooi.

Fleetwood Grobler is sedertdien as die nuwe uitvoerende hoof van Sasol aangestel.

Sasol sê of beleggers die vergoedingsbeleid aanvaar het of nie, gaan hy steeds voort om nie-uitvoerende direkteure se salarisse te snoei.

’n Hersiene voorstel oor vergoeding sal in November 2021 aan beleggers voorgelê word.

Sasol se aandele het Maandagoggend teen R113,39 op die JSE begin verhandel.

Meer oor:  Sasol  |  Vergoeding  |  Beleggers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.