Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Sasol en Harvey het nog nie koppe gestamp
’n Lugfoto van Sasol se bestaande chemiese aanleg in Lake Charles in die Amerikaanse deelstaat Louisiana.

Tropiese storm Harvey, wat steeds verwoesting in Texas saai, het nog geen impak op Sasol se Lake Charles- chemiese kompleks in die Amerikaanse staat Louisiana gehad nie.

Die bouperseel van Sasol se nuwe aanleg daar ervaar wel die normale vertragings met bouwerk wanneer swaar reën val. Dit bly gesluit totdat toestande sodanig verbeter het dat bouwerk weer veilig kan voortgaan, het Matebello Motloung, mediawoordvoerder van Sasol, Dinsdagaand laat weet.

Motloung sê Sasol se kleiner chemiese aanlegte in Houston en Winnie, Texas, is reeds verlede Vrydag gesluit toe Harvey die Amerikaanse kus bereik het. Dit was om werknemers se veiligheid te verseker.

Bedrywighede daar sal hervat word sodra dit veilig is om dit te doen, het Motloung gesê.

Sasol het verlede week met die bekendmaking van sy jaarresultate laat weet die bouwerk by die Lake Charles-perseel is nou 74% klaar. Die groep het reeds $7,5 miljard daar bestee.

Motloung sê die bouperseel is tans beveilig en die Sasol-projekbestuurspan werk nou saam met die hoof-boukontrakteur, Fluor Technip Integrated, en subkontrakteurs.

Meer oor:  Sasol  |  Tropiese Storm  |  Harvey
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.