Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Sasol, Eskom gee SA amper vuilste lug op aarde

Die plek in die wêreld met die tweede hoogste vlakke van swaeldioksied-vrystellings is in die Kriel-omgewing in Mpumalanga weens die Eskom-kragstasies in die omgewing.

Dit is volgens syfers van die internasionale omgewingsgroep Greenpeace.

kendal
Eskom se Kendal steenkoolkragstasie word al vir sowat twee jaar bedryf sonder toerusting om as uit sy vrystellings te verwyder. Foto: Twitter

Net die Norilsk Nickel-metaalvervaardigingskompleks in die Russiese stad Norilsk het hoër swaeldioksied-vlakke, volgens ’n verklaring van Greenpeace wat 2018-syfers van Nasa-satelliete gebruik het.

Mpumalanga is die tuiste van die meeste van Eskom se 15 steenkoolkragstasies, asook die tuiste van Sasol se steenkool-tot-brandstofaanlegte.

Die Suid-Afrikaanse regering is onder toenemende druk om teen die lugbesoedeling van Eskom en Sasol op te tree. Omgewingsaktiviste daag die regering voor die hof omdat die besoedeling op mense se grondwetlike reg tot skoon lug inbreuk maak.

’n Plan om omgewingswetgewing te verslap sodat steenkoolkragstasies en stoomketels dubbel soveel swaeldioksied mag vrystel as wat bestaande standaarde voorskryf, is in Mei uitgestel nadat die departement van omgewingsake hof toe gesleep is.

’n Vroeër studie van Greenpeace oor syfers van die derde kwartaal van 2018 wys dat Mpumalanga ook die meeste stikstofdioksied-vrystellings van kragstasies as enige ander plek in die wêreld het.

“Suid-Afrika se lug is absoluut vuil,” sê Melita Steele, ’n senior klimaat- en energieveldtogbestuurder van Greenpeace Africa.

“Ons kan eenvoudig nie nog tyd mors om die bedryf se voldoening aan luggehalte-wetgewing of die oorgang na hernubare energie te vertraag nie.”

Sasol sal teen 2025 aan nuwe vrystellingsperke vir swaeldioksied moet voldoen, maar het gewaarsku hy sal dalk nie die toerusting kan bekostig om daaraan te voldoen nie. Eskom het gevra om uitstel om aan vrystellingsperke by sekere van sy kragstasies te voldoen.

Die inaseming van swaeldioksied word verbind met respiratoriese infeksies, verhoogde risiko vir beroerte, asook groter risiko vir sterftes weens suikersiekte.

Eskom verteenwoordig 42% van al Suid-Afrika se kweekhuisgasse, en Sasol vir 11%, volgens die twee maatskappye se eie syfers. – Bloomberg

Meer oor:  Greenpeace  |  Sasol  |  Eskom  |  Besoedeling  |  Koolstofbelasting  |  Lugbesoedeling  |  Koolstof  |  Omgewing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.