Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Sasol kom weer op dreef ná 2 orkane by Lake Charles

Sasol se Lake Charles-kompleks het ongedeerd afgekom van die orkaan Delta, wat die Amerikaanse deelstaat op 9 Oktober getref het.

Sasol se Lake Charles-aanleg in die VSA.

Die maatskappy het Donderdagoggend bekend gemaak hy werknemers “het veilig hul pligte hervat”.

Daar is ook die goeie nuus dat krag na die chemikalieëfabriek weer aangeskakel is ná die skade wat deur die vorige orkaan, Laura, veroorsaak is. Laura, een van die sterkste orkane tot nog toe vanuit die Golf van Mexiko, het op 27 Augustus enorme skade veroorsaak aan die deelstaat en het kragvoorsiening aan die aanleg onderbreek.

Sasol sê voorlopige assesserings toon Delta het geen verdere skade veroorsaak nie. Die aanleg het egter as voorsorgmaatreël alle werk gestaak.

Die uitwerking van Laura was dat die netto verkoopbare ton uit sy Noord-Amerikaanse bedrywighede in die eerste kwartaal van Sasol se boekjaar, die drie maande tot einde September, net 170 000 ton was.

Sewe chemiese vervaardigingseenhede is nou weer ten volle in bedryf en alle eenhede wat voor Laura in bedryf was, sal teen einde volgende week op dreef wees, sê Sasol.

Wat sy wêreldwye bedrywighede betref, sê Sasol dit lyk asof die ergste invloed van die Covid-19-pandemie verby is. Sasol het in Julie meer as 740 Covid-19-gevalle onder werknemers aangemeld.

In die eerste kwartaal van sy boekjaar was sy totale produksie 7% laer as ’n jaar gelede op 8,8 miljoen ton.

In Suid-Afrika was sy produksie 6% hoër as ’n jaar gelede, grootliks omdat produksie in September 2019 afgeskaal is vir instandhoudingswerk. September 2020 se instandhoudingswerk is tot 2021 uitgestel.

Produksie van ruolie by Natref was 18% laer as ’n jaar gelede weens die skerp daling in die vraag na brandstof, veral vir vliegtuie, weens die Covid-19-inperkings. Sasol verwag dat die vraag wel weer sal toeneem soos mense weer meer begin reis.

Meer oor:  Sasol  |  Louisiana  |  Lake Charles  |  Brandstof  |  Energie  |  Chemikalieë
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.