Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Sasol noteer ook op A2X

Die petrochemiese reus Sasol gaan ook op die A2X noteer, Suid-Afrika se aandelebeurs wat net sekondêre noterings aanvaar.

Paul Victor, Sasol se finansiële hoof. Foto: Elvira Wood

Sasol is reeds op die JSE asook die New Yorkse Aandelebeurs genoteer.

Sasol sê in ’n verklaring dat sy aandele vanaf Maandag 3 Februarie op A2X sal verhandel.

“Sasol se besluit om op die A2X te noteer, is deel van die maatskappy se verbintenis om voortdurend maniere te vind om waarde vir aandeelhouers te verhoog, sowel as om hulle verskeie opsies te bied,” sê Paul Victor, finansiële hoof van Sasol in die verklaring.

Victor sê die sekondêre notering sal geen invloed op sy notering op die JSE of in New York hê nie.

Ander maatskappye wat ook reeds sekondêre noterings op die A2X het, sluit in Naspers, African Rainbow Minerals, Sanlam, Standard Bank, Absa en Aspen.

Sasol het Maandagoggend kort ná die opening van die JSE net meer as 2% laer teen R258,83 op die JSE verhandel. Die maatskappy is onder erge druk weens probleme by sy Lake Charles-aanleg in die VSA.

Meer oor:  A2x  |  Sasol  |  Chemikalieë  |  Brandstof  |  Notering
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.