Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Sasol nou R28 mjd. se skuld ‘ligter’

Die petrochemiese groep Sasol se kontant uit bedrywighede het vergeleke met ’n jaar gelede met 40% tot R11,7 miljard in die halfjaar tot einde Desember gekrimp.

’n Blik op Sasol se aanleg by Secunda in Mpumalanga. Foto: Sasol

Sy netto kontant in die bank het van R34,1 miljard teen einde Junie verlede jaar tot R27,6 miljard gekrimp.

Maar al is sy kontantvloei deur laer olie- en chemikalieëpryse, die impak van Covid-19 en sluitings by van sy aanlegte geraak, kon hy sowat R28 miljard se skuld terugbetaal, het Sasol Maandag bekend gemaak.

Beleggers het die groep beloon vir sy kontantbestuur deur die aandeelprys op die JSE met byna 4% tot R210,60 op te jaag.

Sasol spog boonop dat sy verdienste vir die halfjaar meer as verdubbel het van R4,5 miljard ’n jaar gelede tot R15,3 miljard danksy streng kostebeheer te midde van swakker oliepryse. Maar sy verdienste voor rente, belasting, depresiasie en afskrywings is wel 6% laer op R18,6 miljard.

Sy kernwesensverdienste per aandeel in rand is 15% laer op R7,86. Die kernwesensverdienste sluit eenmalige items in soos wisselkoersomskakelings, die ongerealiseerde winste of verliese op verskansingskontrakte en afgeleide instrumente, die koste van Sasol se Khanyisa-bemagtigingstransaksie en verliese wat spruit uit die Lake Charles- chemiese aanleg in Amerika terwyl dit nog in die fase is waarin produksie stelselmatig verhoog word.

Sasol gaan vir eers nie voort met ’n beplande regte-uitgifte nie, gegewe die huidige makro-ekonomiese vooruitsigte en omdat hy vordering kon maak met sy herstelplan.

Sasol kon ook ’n ooreenkoms met banke bereik om meer buigsaamheid in leningsvoorwaardes te gee. Teen einde Desember 2020 het Sasol se totale skuld op R126,3 miljard gestaan, teenoor R189,7 miljard op 30 Junie.

Sasol het egter besluit om steeds nie ’n dividend te verklaar nie.

Intussen het Sasol se direksie verlede week ’n finale beleggingsbesluit oor ’n produksiedeelooreenkoms in Mosambiek goedgekeur. Die projek se geraamde koste is $760 miljoen.

Dit behels dat Sasol ’n deel van die aardgas wat hy van 2024 af uit die suidelike deel van Mosambiek sal ontgin, aan plaaslike kopers in Mosambiek sal lewer vir die aandryf van ’n gaskragstasie van 450 MW en ’n aanleg vir vloeibare petroleumgas. Die res van die aardgas sal na Suid-Afrika uitgevoer word.

Meer oor:  Sasol  |  Chemikalieë  |  Brandstof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.