Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Sasol sê gou oor resultate, Lake Charles
Konstruksiewerk by Sasol se Lake Charles-aanleg in Amerika.Foto: Sasol Noord-Amerika

Die petrochemiese reus Sasol gaan eindelik sy resultate vir die jaar tot einde Junie bekend maak.

Dit volg nadat hy die ondersoek na gebeure by sy Lake Charles-aanleg in Amerika afgehandel het.

Sasol het in Mei aangekondig hy het ’n onafhanklike oorsig laat doen oor waarom dié aanleg duurder is en langer as beplan neem om te voltooi.

Hy het tóé gesê die aanleg in die Amerikaanse deelstaat Louisiana, gaan hom $1 miljard méér kos as wat voorheen voorspel is.

Dié aanleg gaan nou waarskynlik tussen $12,6 miljard en $12,9 miljard kos. Sasol het oorspronklik gesê dit sou $8,9 miljard kos.

Sasol het in Augustus gesê hy verwag $50 miljoen tot $150 miljoen minder verdienste uit die aanleg in sy 2020-boekjaar as voorheen.

Sasol sê die tandekryprobleme by die aanleg en die uitstel van sekere bedryfsdatums noop hom om sy verwagte verdienste afwaarts aan te pas van tussen $300 miljoen tot $350 miljoen, na $150 miljoen tot $300 miljoen.

Sasol sê Dinsdag in ’n verklaring op die JSE se nuusdiens, Sens, dat dié ondersoek nou klaar is en dat hy “mettertyd” aandeelhouers oor die bevindinge sal inlig.

Sasol sê ook in die verklaring dat hy nou reg is om sy resultate vir die jaar tot einde Junie op 28 Oktober bekend te maak.

Sasol sou oorspronklik dié resultate middel Augustus uitreik. Hy het egter op 16 Augustus aangekondig hy stel dit met ’n maand uit – tot middel September.

Op 6 September het hy aangekondig dat hy wéér die bekendmaking uitstel en dat dit nou “voor” 31 Oktober sal wees.

Sasol het ook aangekondig dat hy op 27 November sy algemene jaarvergadering in Bryanston, Johannesburg, hou.

Sasol se aandeelprys sal Dinsdag op R274,62 op die JSE begin verhandel.

Meer oor:  Sasol  |  Steenkool  |  Lake Charles
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.