Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Sasol se Inzalo-skema keer R85,83 per aandeel uit

Sasol gaan R1,38 miljard uitbetaal aan aandeelhouers in die Inzalo-bemagtigingskema.

Sasol se hoofkantoor in Sandton, Johannesburg. Foto: Elvira Wood

Dit kom neer op R85,83 per aandeel, het Sasol in ’n Sens-verklaring aangekondig. Daarvan is R62,57 ’n dividend, waarop aandeelhouers dividendterughoudingsbelasting van 20% moet betaal.

Die geld word op 17 September uitbetaal. Dit bring ’n einde bring aan die skema wat in September 2008 begin is.

Die skuld van die skema van R7,43 miljard is dié week betaal. Belasting en koste word afgetrek voordat die bonus van R1,38 miljard uitgekeer word.

Die skema denoteer op 18 September en word deur die Khanyisa-aandeleskema vervang.

Die Khanyisa-skema is in groot omstredenheid gehul omdat wit Sasol-werknemers net ’n klein voordeel daaruit kan trek.

Lees ook: Flip Buys: Dié Sasol-werkers veg vir demokrasie

Alle Sasol-werknemers wat vir die vorige Inzalo-skema gekwalifiseer het, wat ook wit werkers insluit, kwalifiseer vir ’n fase van die nuwe Khanyisa-skema waarvolgens hulle elkeen R100 000 se Sasol-aandeleregte kry. Hulle kan die aandele in besit neem ná drie jaar.

Swart werkers kwalifiseer in nog ’n fase vir nog sowat R500 000 se aandeleregte wat hulle vir hoogstens tien jaar moet hou voordat dit in Sasol-aandele omgeskep word.

Solidariteit se lede by Sasol het verlede week gestaak oor Khanyisa en die vakbond het ’n klag in die VSA ingedien omdat hy glo Amerikaanse wetgewing teen rassediskriminasie word oortree.

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, het Maandag ’n ope brief aan Bongani Nqwababa en Stephen Cornell, Sasol se gesamentlike uitvoerende hoofde, geskryf: “Om in ’n skema wat wanbalanse van die verlede moet regstel ’n eenvoudige rassebenadering te volg wat wit werkers uitsluit, is ’n lui benadering.

“Wit werkers se reg op waardigheid en gelykheid moet ook beskerm word, anders bou ons presies dit wat herstel moet word in ’n nuwe stelsel in.”

Hy skryf ook: “Growwe rasseklassifikasie lei tot absurde resultate.

“Een van ons lede wat sy been verloor het en dus as gestremde deel van die aangewese groep is, wou by Sasol weet of hy deel van Khanyisa kan wees. Sasol antwoord klinies en hard daarop dat hy nie daaraan kan deelneem nie, want hy is wit.

“ ’n Indiër-lid van Solidariteit wat met ’n wit vrou getroud is, is woedend want hoewel hý deel is van Khanyisa, bepaal die skema dat ’n wit persoon (dus sy vrou) nie Khanyisa-aandele mag erf nie.

“ ’n Wit lid van Solidariteit wat al 30 jaar by Sasol werk kry geen aandele nie, maar ’n swart werknemer van Sasol wat maar nog net drie weke lank daar werk, ontvang aandeelwaarde van R500 000.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.