Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
KYK: Orkaan Laura bring verwoesting, Sasol sluit aanleg

Eers was dit die tropiese storm Harvey, en nou is dit die orkaan Laura wat Sasol laat asem ophou.

Die petrochemiese reus se aanleg by Lake Charles in die Amerikaanse deelstaat Louisiana is reg in die pad wat Laura gaan volg.

Die orkaan het vroeër Donderdag die Amerikaanse kus bereik.

Matebello Motloung, woordvoerder van Sasol, het aan Netwerk24 gesê dat die maatskappy deeglik daarvan bewus is.

Sy sê die maatskappy het dus besluit om dié aanleg, asook sy bedrywighede in Greens Bayo en Winnie, asook sy kantore in Houston – almal in die deelstaat Texas – tydelik te sluit.

Motloung sê die maatskappy sal die orkaan dophou en sal slegs sy bedrywighede hervat wanneer dit veilig is.

Sy wys daarop dat Lake Charles, wat Sasol ’n enorme $12,8 miljard uit die sak gejaag het, bykans voltooi is.

Wanneer Laura daaroor gaan beweeg, is dit dus oor ’n voltooide aanleg en nie weer een waar daar grootskaalse konstruksie aan die gang was soos in 2017 toe die storm Harvey daaroor beweeg het nie.

LEES OOK: Sasol en Harvey het nog nie koppe gestamp

Destyds het Sasol bykans geen groot vertragings ervaar weens die storm nie. Hy het destyds bouwerk aan die aanleg vir sewe dae gestaak.

Meer oor:  Sasol  |  Lake Charles
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.