Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Sasol se Lake Charles oorleef orkaan Laura

Die krag is af en die aanleg is steeds gesluit, maar Sasol se aanleg buite Lake Charles in Amerika het orkaan Laura oorleef.

’n Kruidenierswinkel in Lake Charles wat deur orkaan Laura verwoes is. Foto: Bloomberg

Matebello Motloung, woordvoerder van Sasol, het Vrydag aan Netwerk24 bevestig dat daar geen oorstromings by die aanleg was nie.

CNN berig dat die orkaan beduidende skade aan geboue aangerig het.

Volgens meteoroloë van CNN is Lake Charles oornag deur winde van ongeveer 120 km/h geteister.

Sasol se aanleg, wat etaan vervaardig en hom $12,8 miljard uit die sak gejaag het, is steeds gesluit.

Die maatskappy het die aanleg, asook sy bedrywighede in Greens Bayo en Winnie en sy kantore in Houston – almal in die deelstaat Texas – tydelik gesluit .

Motloung sê die bedrywighede in Texas het glad nie in die pad van die orkaan gekom nie.

Motloung sê die maatskappy sal die orkaan dophou en sal slegs sy bedrywighede hervat wanneer dit veilig is.

Dis nie die eerste keer wat dié aanleg ’n groot storm in die gesig moes staar nie. In 2017, toe konstruksie nog volstoom aan die gang was, het die tropiese storm Harvey daaroor beweeg.

LEES OOK: Sasol en Harvey het nog nie koppe gestamp

Destyds het Sasol bykans geen groot vertragings weens die storm ervaar nie. Hy het die bouwerk aan die aanleg vir sewe dae gestaak.

Meer oor:  Sasol  |  Lake Charles  |  Brandstof  |  Chemikalieë
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.