Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Sasol sak 12% na nuus oor ekstra $1 mjd. vir aanleg

Sasol se aandeleprys het Woensdagoggend vinnig met 12% gedaal na die aankondiging dat sy chemiese aanleg in Amerika waarskynlik tussen $12,6 miljard en $12,9 miljard gaan kos. Dit is bykans $1 miljard méér as wat hy in Februarie voorspel het.

Sy aandele het teen 09:20 van R431,00 tot R377,24 op die JSE gedaal. Dit is die laagste vlak sedert 29 September 2017.

Sasol se chemiese aanleg in Lake Charles in die Amerikaanse deelstaat Louisiana toe bouwerk nog nie so ver gevorder was soos nou nie.Foto: Sasol

Die petrochemiese reus het oorspronklik gesê die aanleg, wat in die stad Lake Charles in die Amerikaanse deelstaat Louisiana gebou word, sou $8,9 miljard kos.

Sasol sê vroeg Woensdagoggend in ’n verklaring op die JSE se nuusdiens Sens dat sedert hy op 8 Februarie oor die vordering van dié projek berig het daar “ ’n aantal veranderinge gemaak is wat die bestuur van die projek betref”.

Sasol sê die span het “bekommerd geraak oor die akkuraatheid van die kostevooruitsig van die projek”. Hy het sy syfers hersien en dit nou van die R11,8 miljard wat in Februarie voorspel is tot tussen R12,6 miljard en R12,9 miljard opgeskuif.

Sasol sê die projek is in totaal 96% klaar en $10,9 miljard is tot dusver daaraan bestee.

Hy sê hy is steeds oortuig van die Lake Charles-projek se sakeplan, want dit gaan hoëwinsmarge-produkte van wêreldgehalte lewer. Hy verwag egter steeds soos in Februarie dat die aanleg vir die volle boekjaar ’n verlies van tussen $165 miljoen en $185 miljoen sal ly, vergeleke met ’n verdienste van tot $160 miljoen wat vroeër verwag is.

Sasol verwag nou dat die aanleg teen 2022 ’n verdienste van $1 miljard sal lewer. In Februarie het hy nog ’n verdienste van $1,3 miljard vir 2022 verwag.

Die maatskappy sê hy verwag steeds dat die aanleg se krakereenheid, die eenheid vir een van die belangrikste omskakelingsprosesse in ’n petroleumraffinadery, in Julie voltooi sal word. Daar word egter vertragings op van die ander eenhede verwag.

Die projek behoort nou in Februarie 2020 voltooi te word. Voorheen sou dit Januarie 2020 wees.

Meer oor:  Sasol  |  Petroleum  |  Chemikalieë  |  Olie  |  Brandstof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.