Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Sasol se waarde lig R20 mjd. ná aanval op olie

Die styging van 11% in Sasol se aandeelprys sedert Maandag het ongeveer R20 miljard tot sy markwaarde op die JSE bygevoeg.

SOWETO, SOUTH AFRICA - FEBRUARY 7: Early morning a
Sasol verkoop brandstof en die hoër olieprys beteken ’n hoër wins vir die maatskappy omdat hy ’n gereguleerde winsmarge gegrond op die olieprys kry. Foto: Getty Images

Sasol se aandeelprys het die afgelope ruk slae gekry weens die vertraging met sy reuseprojek in Lake Charles in Amerika en hoe duur dit is.

Die petrochemiese groep het vroeg in September aangekondig hy gaan weer sy resultate vir die boekjaar tot einde Junie moet vertraag weens die probleme met sy Lake Charles-projek.

LEES OOK: Sasol: Aandeelprys val oor verdere uitstel

Die skerp styging in die olieprys sedert die naweek se aanval op groot olie-aanlegte in Saoedi-Arabië het ook gehelp om Sasol se aandeelprys te lig.

Die Brent-ruolieprys het Maandag 13% hoër op $67,52 per vat gesluit.

Sasol verkoop brandstof en die hoër olieprys beteken ’n hoër wins vir die maatskappy omdat hy ’n gereguleerde winsmarge gegrond op die olieprys kry.

Sasol het Vrydag op R278,55 gesluit. Sy aandeelprys het Maandag met bykans 10% of R27,45 hoër op R306 gesluit.

Dinsdagoggend is die aandeelprys nog 1,6% hoër.

Dit het die maatskappy se markwaarde tot R194 miljard gelig.

Volgens Bloomberg is die olieprodusent Saudi Aramco aan wie die olie-aanlegte behoort wat die naweek met hommeltuie aangeval is, al hoe minder optimisties dat die produksie vinnig herstel sal kan word. – Fin24, bygewerk

Meer oor:  Saudi Aramco  |  Sasol  |  Hommeltuie  |  Aandeelprys  |  Aanval  |  Olieprys
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.