Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Sasol staan sterk ondanks orkane, pandemie

Ten spyte van twee orkane, die Covid-19-pandemie en ’n skerp daling in oliepryse verlede jaar het Sasol ’n goeie halfjaar agter die rug.

Een van die grootste redes vir die daling in Sasol se wins is die 23%-daling in die randwaarde per vat Brent-ruolie, gekombineer met ’n laer vraag na olie weens die ekonomiese impak van die pandemie.

Die maatskappy sê in ’n handelsverklaring streng beheer oor sy koste, bedryfskapitaal en kapitaalbesteding het gesorg vir ’n stel goeie resultate vir die ses maande tot 31 Desember.

Die groep se kernwesensverdienste en wins daal egter wel.

Orkaan Laura en Delta, wat die Golf van Mexiko onderskeidelik op 27 Augustus en 9 Oktober getref het, het in die halfjaar gesorg vir ’n verlies van nagenoeg 300 kiloton produksie.

Een van die grootste redes vir die daling in Sasol se wins is die 23%-daling in die randwaarde per vat Brent-ruolie, gekombineer met ’n laer vraag na olie weens die ekonomiese impak van die pandemie.

Die olieprys het wel sedert begin Desember begin styg, en het Donderdag op $55,81 per vat gesluit, ’n styging van meer as 48% sedert 30 November se $37,46.

Sasol se kernwesensverdienste per aandeel gaan met tussen 5% en 25% daal, in randwaarde tussen R6,94 en R8,79 vergeleke met 2019 se R9,25. Kernwesensverdienste word beskou as ’n goeie maatstaf van ’n maatskappy se wins uit sy bedrywighede. Dit sluit eenmalige uitgawes of inkomste uit.

Die groep se aangepaste verdienste voor rente, belasting, waardevermindering en afskrywings (aangepaste ebitda) gaan met tussen 0% en 10% daal vanaf 2019 se R19,8 miljard.

Ander maatstawwe styg skerp, maar sluit eenmalige en buitengewone faktore in. Die maatskappy se verdienste per aandeel gaan meer as verdriedubbel tot tussen R22,76 en R24,07, vergeleke met R6,56 in dieselfde helfte van 2019. Eweneens gaan sy wesensverdienste per aandeel ook meer as verdriedubbel tot tussen R18,59 en R19,78, teenoor R5,94.

Sasol reik sy halfjaarresultate op 22 Februarie uit.

Meer oor:  Sasol  |  Lake Charles  |  Brandstof  |  Olieprys  |  Chemikalieë  |  Olie  |  Petrolprys  |  Petrol
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.