Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
‘Sasol stoot nié prys van alkohol op nie’

Sasol ontken dat hy die prys van alkohol, wat in handreinigers en ontsmettingsmiddels gebruik word, verhoog het te midde van die Covid-19-krisis.

Sasol prioritiseer verskaffing van alkohol vir handreinigers aan die plaaslike mark. Foto: iStock

Die chemiese reus sê die vraag na die alkoholgebaseerde bestanddele van reinigers het die afgelope weke met 400% opgeskiet.

Die maatskappy het ’n unieke mengsel van chemikalieë met ’n alkoholbasis ontwikkel om in die vraag te help voorsien.

“Hoewel die wêreldwye vraag en pryse van etanol- en isopropanol-alkohol gestyg het te midde van die Covid-19-pandemie, het Sasol plaaslike voorraad geprioritiseer en pryse vir Suid-Afrikaanse verkope het stabiel gebly,” sê Fleetwood Grobler, uitvoerende hoof.

Die maatskappy het reeds nagenoeg 8 miljoen liter alkoholprodukte aan die Suid-Afrikaanse mark verskaf en werk onverpoosd voort om in die vraag te voorsien.

Sasol werk ook saam met die departement van handel, nywerheid en mededinging om seker te maak staatsentiteite en ander noodsaaklike dienste kry voorkeur om te help in die stryd teen die siekte.

Meer oor:  Sasol  |  Covid-19  |  Handreinigers  |  Alkohol  |  Koronavirus  |  Chemikalieë
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.