Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Sasol verkoop belang in Lake Charles vir $2 mjd.
Sasol se Lake Charles-aanleg in die VSA.

Die petrochemiese reus Sasol het ’n belang van 50% in sy Amerikaanse bedrywighede aan LyondellBasell Industries verkoop.

Die koopprys beloop $2 miljard.

Sasol het Vrydagoggend vroeg dié aankondiging op die JSE se nuusdiens Sens bekend gemaak.

Sasol waarsku reeds sedert April dat hy ’n belang in sy Lake Charles-projek in die Amerikaanse deelstaat Louisiana wil verkoop.

Dit kom nadat Sasol onder geweldige finansiële druk gekom het, nie net weens probleme en vertragings by die projek self nie, maar ook weens die olieprys wat vroeër vanjaar dramaties gedaal het weens die Covid-19-pandemie.

Sasol produseer brandstof uit Suid-Afrikaanse steenkool en aardgas van Mosambiek, maar sy brandstof word teen pryse gegrond op internasionale oliepryse in dollar en die rand-dollar-wisselkoers verkoop.

Die olieprys in dollarterme het dus ’n invloed op sy verdienste.

LyondellBasell is, net soos Sasol, ’n groot produsent van chemikalieë en plastiek.

Die maatskappy se hoofkantoor is in Rotterdam, Nederland, geleë, maar hy is bedrywig in 25 lande wêreldwyd.

Hy is op die beurs in New York genoteer.

Sasol verduidelik weens die skaal van die transaksie, gaan ten minste 50% van sy aandeelhouers ten gunste van die transaksie moet stem, voordat dit deurgevoer kan word.

Sasol sê in die verklaring dat die transaksie ’n groot bydrae gaan maak om sy skuldlas te verminder.

Luidens Sasol se finansiële state het sy skuld teen einde Junie R189,7 miljard beloop. Hiervan is sowat R167,25 miljard in dollar.

Teen die huidige wisselkoers sal die transaksie met LyondellBasell R33 miljard beloop.

Sasol verduidelik dat sou die transaksie goedgekeur en deurgevoer word, sal ’n 50/50 vennootskap geskep word tussen LyondellBasell en Sasol se filiaal in die VSA.

Sasol sal steeds die aanleg bestuur.

In die besonderhede wat die transaksie betref, stel Sasol dit duidelik dat die transaksie nie die hele aanleg insluit nie.

Hoewel dit wel ’n nuwer etileenkraker insluit wat ’n kapasiteit het om 1 540 etileen per jaar te vervaardig, sluit dit nié die oorspronklike kraker in wat se kapasiteit 460 kiloton per jaar beloop nie.

Etileen word van aardgas vervaardig, wat op sy beurt in produkte soos verf en suiweringsmiddels gebruik word.

Die laedigtheid-poliëtileen-eenheid (LDPE) is wel by die transaksie ingesluit. Dié eenheid het ’n kapasiteit van 420 kiloton per jaar.

Die lineêre LDPE-eenheid is ook by die transaksie ingesluit.

Sasol sê in die verklaring hy hoop om die transaksie voor die einde van die huidige boekjaar (Junie 2021) af te handel.

Die transaksie is, buiten vir goedkeuring deur Sasol se aandeelhouers, onderhewig aan verskeie regulatoriese voorwaardes.

Sasol begin Vrydag teen R128,50 per aandeel op die JSE verhandel.

Meer oor:  Sasol  |  Vsa  |  Lake Charles
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.