Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Sasol verkoop belang in Nigeriese aanleg

Sasol het sy belang in die gas-tot-vloeistof-aanleg Escravos in Nigerië aan Chevron verkoop.

Sasol se hoofkantoor in Sandton. Foto: Elvira Wood

Die transaksie word op 1 September van krag.

Sasol sê nie wat hy vir sy onregstreekse belang in Escravos kry nie.

Sasol het ook 51% van sy belang in ’n nuwe plofstofonderneming aan sy vennoot, Enaex, verkoop. Enaex Africa het op 1 Julie begin sake doen.

Die twee transaksies vorm deel van Sasol se verkoop van bates om die groep oor die volgende twee jaar te herstruktureer.

Sasol is ook besig om sy aandele in die pypleidingsfirma Rompco en die gasaangedrewe kragstasie Central Termica de Ressano Garcia te verkoop. Albei is in Mosambiek.

Gesprekke oor moontlike vennote in sy Lake Charles-projek in die VSA “is ver gevorderd”.

Bloomberg het in Junie berig dat die Ineos Group, Chevron Phillips Chemical en LyondellBasell Industries onder die firmas is wat tot ’n tweede bodronde gevorder het. Die belang kan tot $2 miljard haal.

Sasol wil teen Junie 2021 $6 miljard van sy skuld terugbetaal deur die verkoop van bates, het hy vroeër vanjaar met die bekendmaking van sy halfjaarsyfers gesê.

Meer oor:  Sasol  |  Chevron  |  Aardgas  |  Plofstofaanleg  |  Gas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.