SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Energie
Sasol wen twis oor R1,3 mjd. belasting

Jan Taks gaan moet sien kom klaar, maar hy gaan nié R1,3 miljard se ekstra belasting uit Sasol kry nie.

Sasol se hoofkantoor in Sandton, Johannesburg.Foto: Elvira Wood

Sasol en die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) is lank reeds in ’n stryd gewikkel oor die petrochemiese reus se filiaal Sasol Oil se internasionale olieaankope tussen 2005 en 2014.

Sasol Oil bedryf saam met Total, die Franse oliereus, die Natref-olieraffinadery by Sasolburg.

Volgens Sasol het die SAID hersiene beramings uitgereik wat Sasol se belasbare inkomste vir dié tydperk kan beïnvloed, wat kan lei tot bykomende belasting plus rente en boetes van sowat R1,2 miljard.

Die geskil het tot ’n hofgeding uitgeloop waarin die belastinghof in Junie 2017 ten gunste van die SAID beslis het.

Sasol het egter appèl aangeteken.

Die appèlhof het die saak op 21 Augustus gehoor.

Sasol sê Vrydag in ’n verklaring op die JSE se nuusdiens die appèlhof het nou in sy guns bevind en die belastinghof se bevel tersyde gestel.

Die hof het bevind daar was nie gronde vir die SAID se eis nie.

Sasol sê hoewel hy in sy finansiële state vir 2018 voorsiening maak vir die R1,3 miljard, sal hy dit nou omkeer.

Sasol se aandele het Vrydag bykans 3% laer teen R472,75 op die JSE verhandel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.