Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Singh kry sy kans om te sing by Eskom-ondersoek
Anoj Singh, geskorste finansiële hoof van Eskom.

Die parlementêre ondersoek na staatskaping by Eskom hervat Dinsdag met Anoj Singh, voormalige finansiële hoof, wat namiddag getuig.

Die kragverskaffer het Maandagaand Singh se bedanking aangekondig, maar Khulu Phasiwe, Eskom-woordvoerder, het aan Fin24 bevestig Singh gaan steeds voor die komitee verskyn.

“Die Eskom-direksie het deur sy voorsitter (Jabu Mabuza) die bedanking aanvaar en dit so aan mnr. Singh se prokureurs oorgedra,” lui ’n verklaring op Eskom se webtuiste.

Singh se bedanking is onmiddellik van krag.

Singh is volgens Fin24 in September 2017 geskors nadat hy aanvanklik op spesiale verlof geplaas is. Dit kom ná bewerings dat hy betrokke was by die onreëlmatige toekenning van kontrakte aan maatskappye met Gupta-bande.

Singh het vroeg in Desember by die parlement opgedaag om voor die portefeuljekomitee oor openbare ondernemings te getuig, maar die komitee het hom huis toe gestuur omdat hy eers die vorige aand aan die komitee sowat 400 bladsye se stawende dokumente gegee het.

Natasha Mazzone, DA-lid van die komitee en die party se woordvoerder oor openbare ondernemings, het gesê sy sal haar Desember-vakansie daaraan bestee om elkeen van die 400 bladsye deur te lees.

Singh word verbind met bewerings van ongerymdhede oor die toekenning van ’n leningswaarborg deur Eskom van R1,6 miljard aan die Tegeta-mynfirma om die Optimum-steenkoolmyn van Glencore te koop.

Hy was ook na bewering betrokke by die betaling van R600 miljoen aan Tegeta onder die voorwendsel dat dit vir vooruitverkope van steenkool gebruik sou word, maar dit het later geblyk dit was sodat Tegeta betyds genoeg geld sou hê om die oornametransaksie te kon beklink.

Tegeta is een van die maatskappye wat aan die omstrede Gupta-familie behoort.

Ná Singh is dit Woensdag Matshela Koko se beurt voor die komitee. Koko is ’n vorige waarnemende hoof van Eskom wat geskors is hangende ’n ondersoek na belangebotsings nadat sy stiefdogter se maatskappy kontrakte by Eskom gekry het terwyl hy aan die stuur van sake was.

Koko is intussen in ’n tugverhoog onskuldig bevind aan enige oortreding en hy sou Maandag weer vir werk by Eskom opgedaag het.

Meer oor:  Tegeta  |  Eskom  |  Guptas  |  Matshela Koko  |  Anoj Singh  |  Staatsondernemings  |  Krag  |  Staatskaping
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.