Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Só bedreig Eloise SA se kragnetwerk

Eskom se kragstasies in Mpumalanga en selfs sy groot kragstasies in Limpopo is in die visier van tropiese storm Eloise, wat die naweek die vasteland by Mosambiek gaan tref.

'n Satellietkaart dui die tropiese storm Eloise en die rigting waarin dit beweeg aan. Foto: Weather SA

Eskom sê al sy kragstasies is gewaarsku oor die komende storm en voorbereiding is gemaak vir die verwagte strawwe reën.

Eloise se krag gaan afneem soos sy die vasteland by Mosambiek tref en nie meer oor die see is nie.

Die grootste kommer is nat steenkool. Nat steenkool het al in die verlede groot ontwrigting by Eskom veroorsaak en regstreeks gelei tot die toepassing van hoë fases beurtkrag.

Maar Sikonathi Mantshantsha, Eskom-woordvoerder, verduidelik Vrydag dat nat steenkool eers ’n probleem word ná meer as vier dae se aanhoudende reën.

Eskom se plan teen nat steenkool maak voorsiening daarvoor dat hy steenkool vir vier dae se kragopwekking droog kan hou. Daarna beteken dit die steenkool op pad van die myne af gaan nat word.

Die storm gaan ook die kraglyne wat 1 000 megawatt (MW) se krag vanaf die Cahorra Bassa-dam in Mosambiek invoer, bedreig.

Eskom sê die kraglyne is ’n paar jaar gelede versterk nadat groot vloede die lyne afgebreek het toe Mosambiek onder water was ná orkaan Idai.

Hy verwag dat die kraglyne dié keer heelwat meer sal kan weerstaan, maar waarsku dat ontwrigting steeds kan gebeur.

“Die kraglyne bly kwesbaar met tropiese storms soos Eloise,” sê Eskom.

Tropiese storm Eloise gaan na verwagting later Vrydag of vroeg Saterdag ’n volwaardige orkaan word. Fin24 berig dat dit 200 mm reën binne 24 uur kan bring met ’n windspoed van ongeveer 150 km/h.

Teen die tyd dat die storm Suid-Afrika tref, sal dit weer verswak en dus waarskynlik nie so ’n groot regstreekse dreigement vir infrastruktuur wees nie.

Vloede kan wel groot ontwrigting veroorsaak in Suid-Afrika se sentrale kragstreek.

Meer oor:  Eskom  |  Mosambiek  |  Krag  |  Storm  |  Kragstasies  |  Tropiese Storm Eloise  |  Elektrisiteit  |  Steenkool
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.