Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Só kan petrolprys jou sak ruk in April

Petrolpryse kan op 7 April met ’n hele R1 per liter styg en diesel met 65c per liter.

Staal jou vir die duurste brandstof nóg. Foto: Argief

Dit gaan jou dus nou ’n hele R50 meer kos om ’n tenk van 50 liter vol te maak.

Met R500 se petrol sal jy nou 288 km ver kan ry teen ’n brandstofverbruik van 10 km per liter, waar jy ’n jaar gelede 358 km ver sou kon ry met R500 se petrol.

Teenoor ’n jaar gelede sal ’n tenk van 50 liter jou nou ’n hele R168 meer uit die sak jaag.

Die skerp verhoging volg op ’n reeds kwaai verhoging in Maart van 65c per liter.

’n Jaar gelede

’n Jaar gelede het petrolpryse in April skerp gedaal tot onder R14 per liter teenoor Maart 2020 se meer as R15, boonop ondanks die jaarlikse verhoging in belasting wat in April bygevoeg word. Dit was grootliks weens skerp laer internasionale brandstofpryse te midde van die Covid-19-pandemie wat ekonomieë wêreldwyd tot stilstand laat knars het.

Belastingverhoging

Vanjaar se belastingverhoging is 27c per liter, en tesame met die gemiddelde oorverhaling van 73c van 26 Februarie tot 30 Maart – gaan dit die petrolprys met R1 opdruk en diesel met 65c, op grond van die departement van minerale hulpbronne en energie se jongste syfers. Die amptelike syfers mag wel effe verskil afhangende van berekeninge, en sal waarskynlik eers ná die Paasnaweek aangekondig word.

Rekordvlakke

Die verwagte verhoging in April sal petrolpryse in Gauteng op R17,32 te staan bring, en dié aan die kus op R16,62 - die hoogste vlakke nog vir brandstofpryse in Suid-Afrika. Dit sal diesel se groothandelprys tot R14,77 opstoot in Gauteng, en tot R14,17 aan die kus.

Petrol was laas in Junie 2019 so hoog toe dit in Gauteng R16,76 per liter gekos het en aan die kus R16,12.

In Mei 2020 was petrolpryse in Suid-Afrika so laag as R12,22 in Gauteng en R11,52 aan die kus. Diesel se groothandelpryse was toe R11,08 in Gauteng en R10,48 aan die kus.

Die verwagte verhoging in April is 41,7% meer as dit vir petrol, en 33% meer as dit vir diesel se groothandelpryse.

Meer oor:  Staat Van Inperking  |  Olieprys  |  Petrolprys  |  Brandstof  |  Energie  |  Covid-19  |  Vervoer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.