Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Só lyk Februarie se finale brandstofpryse

Petrol word Woensdag 81c per liter duurder, en dieselpryse styg met tussen 58c en 59c, het die departement van minerale hulpbronne en energie Maandagmiddag aangekondig.

Fuel consumption showing empty petrol tank. (Photo
Maak voor Woensdag vol as jy geld wil spaar. Foto: Getty Images

Dit kom ná ’n styging in internasionale brandstofpryse tesame met ’n verswakking in die gemiddelde rand-dollar-wisselkoers oor die oorsigtydperk wat gebruik word om Februarie se prysveranderinge te bereken.

Stygende oliepryse tesame met ’n swakker rand is ’n dodelike kombinasie vir Suid-Afrikaanse motoriste, en 95-oktaan-petrol in Gauteng kos van Woensdag af weer ver meer as R15 per liter – die eerste keer in vyf maande dat petrol weer deur daardie vlak breek.

Petrol is wel nog onder die hoogste vlak van R16,76 per liter wat dit in Junie 2019 gekos het.

Aan die kus gaan 95-oktaan-petrol voortaan R14,97 per liter kos, en groothandeldiesel sal in Gauteng op R13,58 en aan die kus op R12,98 per liter staan.

Beligtingsparaffien, wat in townships vir kosmaak gebruik word, sal voortaan R7,98 per liter in Gauteng kos en R7,17 aan die kus.

Vloeibare petroleumgas (VPG), wat veral hotelle en hospitale in hul kombuise in gasstowe gebruik, word ook duurder. Die prys styg met R1,93 per kg vir die maksimum kleinhandelprys. ’n Kilogram VPG sal nou R29,01 in Gauteng kos, en R26,66 aan die kus.

Meer oor:  Petrolprys  |  Petrol  |  Brandstofpryse  |  Brandstof  |  Diesel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.