Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Só raak fase 4-beurtkrag jou

Eskom het Saterdag aangekondig dat fase 4-beurtkrag vanaf 12:00 Saterdag ingestel word, kort nadat hy fase 3-beurtkrag ingestel het.

Die kragverskaffer het in ’n mediaverklaring gesê die verlies aan 900 MW-krag wat hy normaalweg vanuit Mosambiek invoer, maak dit noodsaaklik om nog strenger beurtkrag toe te pas.

Fase 4-beurtkrag beteken dat die meeste inwoners kan regmaak om tussen agt en tien ure sonder krag te wees.

Kragonderbrekings van twee en ’n halfuur elk word dan vier keer per dag toegepas.

Eskom wil in elke fase ’n sekere hoeveelheid krag bespaar.

In fase 1 word 1 000 MW nasionaal bespaar, in fase 2 is dit 2 000 MW, in fase 3 is dit 3 000 MW en in fase 4 dan 4 000 MW.

In die meeste gebiede word die krag vir twee ure op ’n keer afgesit, maar ’n ekstra halfuur word toegelaat om die kragnetwerke só aan te skakel dat dit nie die stelsel beskadig nie.

In Johannesburg sal gebiede wat regstreeks krag by Eskom kry saam met munisipale kliënte vir vier ure op ’n keer sonder krag wees. Dit word só gedoen omdat City Power krag in blokke van vier ure elk afskakel en om die skedules in die stad met mekaar te versoen.

Eskom sê as die voorgestelde beurtkrag nie genoeg krag bespaar nie, kan die krag ook buite die geskeduleerde tye afgeskakel word om genoeg krag te bespaar.

* Eskom het verlede jaar ’n nuwe beurtkrag-skedule opgestel wat voorsiening maak vir tot fase 8-onderbrekings.

Klik hier vir Eskom se beurtkrag-skedules.

Meer oor:  Beurtkrag  |  Eskom
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.