Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Só ruk duurder krag jou sak

Die meeste Suid-Afrikaners het Woensdag armer wakker geword.

Eskom se kragtariewe is van 1 April af 15% hoër.

Dit is weens die skerp verhoging in brandstofpryse wat om middernag in werking getree het.

Dit kom boonop ná Eskom se skerp verhoging van 15% in elektrisiteitspryse wat vir regstreekse Eskom-kliënte al sedert 1 April geld en van Julie af na munisipale kragverbruikers sal deurvloei.

Besteding aan elektrisiteit is een van die grootste bestedingskategorieë vir middelinkomste-verbruikers, sê FNB. Tussen 2019 en 2020 het FNB-kliënte met sy intreemark-bankrekening, die FNB Easy-rekening, gemiddeld 9% meer aan elektrisiteit bestee.

Die gemiddelde maandelikse besteding aan elektrisiteit deur ’n middelmark-kliënt met ’n FNB Gold-rekening het in dieselfde tyd met 15% gestyg, en FNB Premier-rekeninghouers het 14% meer per maand aan elektrisiteit bestee.

Baie huishoudings sal nou hul reeds dungesmeerde begrotings moet herbedink om die ligte aan die brand te hou, waarsku FNB in ’n verklaring.

elektrisiteit
So raak duurder krag jou sak.

“Alle kliënte sal ’n verhoging van 15% moet inreken. Huishoudings wat normaalweg rofweg R500 per maand aan kragaankope bestee, sal nou minstens R75 ekstra moet begroot,” sê Rob Gwerengwe, hoof van FNB se middelmarksegment.

“Dit kom ongelukkig op ’n tydstip waarin mense reeds onder swaar finansiële druk is, en dit vereis dat elke individu hul begroting veel fyner moet dophou.” Volgens FNB het sy kliënte van 2019 tot 2020 sowat R4,5 miljoen se eBucks – sy lojaliteitspuntestelsel – gebruik om kragaankope mee te maak.

Spaar krag

Barry Bredenkamp, kragkenner by die Suid-Afrikaanse Nasionale Energieontwikkelingsinstituut (Sanedi), sê om die impak van die duurder krag te versag, moet mense hul gedrag verander deur alles te doen om krag te spaar, soos om ligte en toerusting af te skakel wat nie gebruik word nie, eerder vensters oop te maak as om lugversorging of ’n waaier te gebruik, en in die winter te sorg dat deure en vensters behoorlik verseël is sodat verwarmers minder en doeltreffender gebruik kan word. Tegniese ingrypings soos isoleermateriaal in die plafon, songeisers of minstens ’n tydskakelaar op die elektriese geiser, en om ou gloeilampe met LED-ligte te vervang, kan ook oorweeg word.

Alternatiewe

Benewens duurder krag dwing Eskom se beurtkrag verbruikers toenemend na alternatiewe opsies soos kragopwekkers, sonkragstelsels, windlaaiers, en UPS-stelsels (ononderbroke kragvoorsiening).

Maar van dié opsies is duur.

G2 Eco Installations kan van R130 000 af ’n huis gedeeltelik na sonkrag omskakel, hoewel die firma sê die koste word ná ’n paar jaar gedek deur die besparing. G2 Eco hanteer alle nodige munisipale goedkeurings waar die munisipaliteit kleinskaalse kragopwekking toelaat, en die huishouding kan sy oortollige krag aan die munisipaliteit terugverkoop. Teen vanaf R250 000 kan ’n huis ook heeltemal van die kragnetwerk afgehaal word en uitsluitlik op sonkrag en ’n kragopwekker steun.

Meer oor:  Fnb  |  Eskom  |  Kragpryse  |  Elektrisiteitstariewe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.